Begrip "amptelikheid" van taal in die lig van onlangse buitelandse regspraak

dc.contributor.authorMalan, Jacobus J. (Koos)
dc.date.accessioned2015-03-16T05:16:05Z
dc.date.available2015-03-16T05:16:05Z
dc.date.issued2015-02
dc.description.abstractHierdie kort aantekening oorweeg die betekenis van die begrip amptelike taal soos wat dit in talle grondwetlike en wetgewende bepalings, onder andere in artikel 6(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 voorkom. Die vraag na wat die paslike vertolking van die begrip amptelike taal behoort te wees, is veral vanweë die volgende drie oorwegings van belang: Eerstens, ofskoon mens sou dink dat die amptelikheid van taal noodwendig impliseer dat die betrokke taal vir wetgewende, uitvoerende en regsprekende funksies gebruik behoort te word (Currie “Official languages and linguistic rights” in Woolman et al Constitutional law of South Africa (2005) 65-6), is dit tradisioneel nie noodwendig die geval nie. Tweedens is daar egter betekenisvolle nuwe ontwikkeling in internasionale en buitelandse regspraak, wat in deel 3 hier onder behandel word. In daardie regspraak word substantiewe betekenis aan amptelike taalstatus verleen. Hierdie ontwikkeling is ook vir Suid-Afrika belangrik aangesien ons howe ingevolge artikel 39(1)(b) internasionale reg (volkereg) in ag moet neem en ingevolge artikel 39(1)(c) van die Grondwet buitelandse reg in ag kan neem, en ter wille van die navolging van die beste internasionale praktyk, myns insiens in ag behoort te neem. Derdens, behoort die pas gepromulgeerde Wet op die Gebruik van Amptelike Tale 12 van 2012, wat volgens oortuigende kommentaar nie daarin slaag om die grondslag vir verbeterde veeltaligheid in Suid-Afrika te lê nie (Pretorius “The use of the Official Languages Act: Diversity affirmed?” 2013 PER 281 305–310), in die lig van hierdie nuwe ontwikkelinge in buitelandse regspraak oorweeg te word.en_ZA
dc.description.embargo2015-08-30
dc.description.librarianhb2015en_ZA
dc.description.urihttp://www.lexisnexis.co.zaen_ZA
dc.identifier.citationMalan, K 2015, 'Die begrip "amptelikheid" van taal in die lig van onlangse buitelandse regspraak', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 78, pp. 116-120.en_ZA
dc.identifier.issn1682-4490
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/44000
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherLexisNexisen_ZA
dc.rightsLexisNexisen_ZA
dc.subjectAmptelike taalstatusen_ZA
dc.subjectBegrip amptelike taalen_ZA
dc.subjectWetgewende, uitvoerende en regsprekende funksiesen_ZA
dc.subjectInternasionale en buitelandse regspraaken_ZA
dc.titleBegrip "amptelikheid" van taal in die lig van onlangse buitelandse regspraaken_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Malan_Begrip_2015.pdf
Size:
116.56 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: