Die “Profetiese Dialoog” van Bevans en Schroeder - ʼn missionale ekklesiologie vir jonger generasies in die Nederduitse Gereformeerde Kerk

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

In hierdie studie word daar gebruik gemaak van Stephen Bevans en Roger Schroeder se boeke Constants in Context, Theology of Missions for Today (2004) en Prophetic Dialogue, Reflections on Christian Mission Today (2011). Die doel van die navorsing is om by te dra tot die vorming van ʼn missionale ekklesiologie wat toepaslik en toeganklik is vir jonger generasies in die Nederduits Gereformeerde Kerk en wat kan help om die rol van dié kerk in Suid-Afrika te beskryf. Bevans en Schroeder se verstaan van die missionale aard van die kerk kan insigte help vorm wat jonger teoloë in die NG Kerk kan help om ʼn eie missionale ekklesiologie te ontwikkel. Profetiese dialoog word in gesprek gebring met die heidige Suid Afrikaanse konteks. Die gaping van die konteksbeskrywing in Suid-Afrika gaan deur middel van Dion Chang (2012) se studie New Urban Tribes of South Africa bestudeer word. Die beskrywing help om die kultuur verskille en generasie groepe in Suid Afrika beter te identifiseer en te beskryf vir die raamwerk van hoe om in ʼn profetiese dialoog te kan tree met die huidige konteks. Richard Robert Osmer (2008:46) beskryf dat die belang van enige studie is om ʼn deeglike raamwerk te skep van individue, families, gemeente en die gemeenskap buite die kerk sodat daar duidelike leiding gegee kan word vanaf binne die kerk. Chang het wel ʼn kommersiële aanslag en fokus, maar die wyse waarop hy die verskeie generasies (Tribes) beskryf, gee sinvolle agtergrondskennis van hoe die meerderheid mense in Suid-Afrika funksioneer en hulself ook beskryf. Chang se beskrywing is ʼn toepaslike literatuur studie vir die navorsing en bring waardevolle kennis tot die huidige beskrywing van ʼn Suid Afrikaanse konteks.

Description

Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2014.

Keywords

Profetiese dialoog, Missionale Kerk, Leefstylteologie, Geregtigheid, Sending, UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Delport, NI 2014, Die “Profetiese Dialoog” van Bevans en Schroeder - ʼn missionale ekklesiologie vir jonger generasies in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, MTh Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/43317>