Privaatpraktyk in maatskaplike werk

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van Rooyen, I. J. J.
dc.contributor.postgraduate Botha, Laetitia
dc.date.accessioned 2014-11-10T12:16:30Z
dc.date.available 2014-11-10T12:16:30Z
dc.date.created 1984-10-02
dc.date.issued 1984 en_US
dc.description Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1984. en_US
dc.description.abstract Maatskaplike Werk, as die uiting van n samelewing se bemoeienis met mense in nood, word vir baie dekades reeds deur welsynsinstansies beoefen. Welsynsinstansies is egter nie vir alle persone in nood aanvaarbaar nie, sodat diegene in die middel- en hoer inkomstegroepe nie juis by maatskaplikewerk-hulpverlening uitkom nie. In die VSA is dieselfde verskynsel gehanteer deur die instelling van maatskaplikewerk-privaatpraktyk, wat tans daar n omvangryke en gevestigde hulpverleningstruktuur is. Sedert 1970 het maatskaplike werkers in Suid-Afrika begin om privaatpraktyk te oorweeg en het selfs daarmee begin eksperimenteer. Dog, uiteenlopende standpunte, hetsy evolusionere of revolusionere beskouings, word daaroor gehandhaaf. Die doel van die ondersoeke is dus om te bepaal of privaatpraktyk in Maatskaplike Werk bestaansreg het, of dit beskikbaar en in privaatpraktyk bruikbaar is. Uit die bevindings kan n model vir die instelling en instandhouding van n lewenskragtige praktyk ontwikkel word. Die ondersoek het bestaan uit n literatuurstudie en n empiriese opname in ses stede van die land onder drie teikensisteme, naamlik maatskaplikewerkers (privaatpraktisyns) en nie-privaatpraktisyns) , kliente van welsynsorganisasies en privaatpraktyke en lede van vyf ander hulpprofessies. n Studiereis is na die VSA onderneem om privaatpraktyke te bestudeer en n vergelykingsbasis vir die Suid-Afrikaanse bevindings te kry. Resultate uit die ondersoek dui daarop dat privaatpraktyk, as hulpverleningstruktuur, n realiteit in die maatskaplikewerk- professie is wat nie genegeer kan word nie. Die bestaansreg daarvan is teoreties kwalifiseerbaar, terwyl die nodige sisteme bestaan om maatskaplikewerk-hulpverlening privaat en onafhanklik van welsynsinstansies aan te bied. Privaatpraktisyns verlang n infrastruktuur om hulle dienste beter te organiseer, terwyl 97,8% van die nie-privaat-praktisyns ten gunste van privaatpraktyk is, omdat dit n groter beroepskeuse bied en die professie se selfstandige optrede bevestig. Verbruikers van privaatpraktyk-dienste is oorwegend tevrede, maar as gevolg van beperkte fondse kan die meeste welsynsorganisasie-kliente nie privaatpraktyk-dienste benut nie. Lede van die ander hulpprofessies dra nie voldoende kennis van die maatskaplikewerk-hulpbron nie, maar is oor die algemeen positief daaroor, hoewel net 52,9% voorsien om dit te benut. Indien maatskaplike werkers die nodige opleiding ondergaan, konstruktief beplan, besigheidsbeginsels inkorporeer, die diens bekendstel en kwaliteitdienste lewer, is n lewenskragtige praktyk verseker. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.department Social Work and Criminology en_US
dc.description.librarian gm2014 en_US
dc.identifier.citation Botha, L 1984, Privaatpraktyk in maatskaplike werk, DPhil thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/42559> en_US
dc.identifier.other D14/4/493/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/42559
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1984 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Maatskaplike Werk en_US
dc.subject Welsynsinstansies en_US
dc.subject Middel- en hoër inkomstegroepe en_US
dc.subject Maatskaplikewerk-privaatpraktyk en_US
dc.subject Maatskaplike werkers in Suid-Afrika en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Privaatpraktyk in maatskaplike werk en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record