dc.contributor.author |
Louw, A.S. (Anna Sophia)
|
|
dc.date.accessioned |
2014-07-21T12:13:39Z |
|
dc.date.available |
2014-07-21T12:13:39Z |
|
dc.date.issued |
2013-11 |
|
dc.description.abstract |
Surrogaatmoederskap word streng in Hoofstuk 19 van die Kinderwet gereguleer. In die
bietjie meer as twee jaar sedert die Wet in werking getree het, is nog net twee sake oor
surrogaatmoederskap gerapporteer. Die artikel ondersoek ’n aantal aspekte rakende
surrogaatmoederskap wat, na aanleiding van die mees onlangse uitspraak in Ex parte
WH,1 problematies blyk te wees. Die uitspraak in hierdie saak is gerapporteer met die
uitsluitlike doel om riglyne neer te lê vir applikante wat in die toekoms by die hof aansoek
doen om goedkeuring van ’n surrogaatmoederskapooreenkoms. Die artikel evalueer, in
die eerste plek, die algemene rol van die regbank in verrigtinge waar aansoek gedoen
word om die goedkeuring van ’n surrogaatmoederskapooreenkoms. Die verskil in die
benadering wat deur die howe gevolg moet word wanneer die beste belang van die kindstandaard
op ’n kind wat nog gebore staan te word, eerder as ’n reeds bestaande kind,
toegepas word, word uitgewys. Die toepaslikheid van die regbank as die aangewese gesag
om surrogaatmoederskapooreenkomste goed te keur, word ondersoek. Moontlike alternatiewe
word oorweeg maar uiteindelik nie aanbeveel nie. Die kwessie van kommersiële
surrogaatmoederskap word oorweeg om te besluit of die volgehoue verbod daarvan haalbaar
is, gegewe die probleme wat ondervind word met die afdwinging van die verbod, nie
alleen in ander jurisdiksies nie maar ook oënskynlik in Suid-Afrika. Na aanleiding van die
vreemde burgerskap van die opdraggewende ouers in die WH-saak word die toenemende
voorkoms van internasionale surrogaatmoederskapooreenkomste bespreek. Suid-Afrika se
benadering in hierdie verband word uitgelê. Die tekortkominge in die reg van die
opdraggewende ouers se lande van herkoms om volle ouerlike status aan hulle toe te ken
ondanks ’n Suid-Afrikaanse hofbevel tot dien effek, word uitgewys. Die artikel sluit af
deur ’n beroep te doen op die wetgewer om aanvullende statutêre maatreëls daar te stel
om te verseker dat die goedkeuringsproses konsekwent gehanteer word en dat kommersiële
surrogaatmoederskap met groter verdraagsaamheid en buigsaamheid beoordeel word. |
en_US |
dc.description.librarian |
am2014 |
en_US |
dc.description.uri |
http://www.lexisnexis.co.za |
en_US |
dc.identifier.citation |
Louw, A 2013, 'Surrogacy in South Africa : should we reconsider the current approach?', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 76, no. 4, pp. 564-588. |
en_US |
dc.identifier.issn |
1682-4490 |
|
dc.identifier.uri |
http://hdl.handle.net/2263/40917 |
|
dc.language.iso |
en |
en_US |
dc.publisher |
LexisNexis |
en_US |
dc.rights |
LexisNexis |
en_US |
dc.subject |
Surrogacy |
en_US |
dc.subject |
Motherhood |
en_US |
dc.subject |
South Africa (SA) |
en_US |
dc.subject |
Surrogaatmoederskap |
en_US |
dc.subject |
Suid-Afrika (SA) |
en_US |
dc.subject |
Children’s Act 38 of 2005 |
en_US |
dc.title |
Surrogacy in South Africa : should we reconsider the current approach? |
en_US |
dc.title.alternative |
Surrogaatmoederskap in Suid-Afrika : moet ons die huidige benadering heroorweeg? |
en_US |
dc.type |
Article |
en_US |