Surrogacy in South Africa : should we reconsider the current approach?

dc.contributor.authorLouw, A.S. (Anna Sophia)
dc.date.accessioned2014-07-21T12:13:39Z
dc.date.available2014-07-21T12:13:39Z
dc.date.issued2013-11
dc.description.abstractSurrogaatmoederskap word streng in Hoofstuk 19 van die Kinderwet gereguleer. In die bietjie meer as twee jaar sedert die Wet in werking getree het, is nog net twee sake oor surrogaatmoederskap gerapporteer. Die artikel ondersoek ’n aantal aspekte rakende surrogaatmoederskap wat, na aanleiding van die mees onlangse uitspraak in Ex parte WH,1 problematies blyk te wees. Die uitspraak in hierdie saak is gerapporteer met die uitsluitlike doel om riglyne neer te lê vir applikante wat in die toekoms by die hof aansoek doen om goedkeuring van ’n surrogaatmoederskapooreenkoms. Die artikel evalueer, in die eerste plek, die algemene rol van die regbank in verrigtinge waar aansoek gedoen word om die goedkeuring van ’n surrogaatmoederskapooreenkoms. Die verskil in die benadering wat deur die howe gevolg moet word wanneer die beste belang van die kindstandaard op ’n kind wat nog gebore staan te word, eerder as ’n reeds bestaande kind, toegepas word, word uitgewys. Die toepaslikheid van die regbank as die aangewese gesag om surrogaatmoederskapooreenkomste goed te keur, word ondersoek. Moontlike alternatiewe word oorweeg maar uiteindelik nie aanbeveel nie. Die kwessie van kommersiële surrogaatmoederskap word oorweeg om te besluit of die volgehoue verbod daarvan haalbaar is, gegewe die probleme wat ondervind word met die afdwinging van die verbod, nie alleen in ander jurisdiksies nie maar ook oënskynlik in Suid-Afrika. Na aanleiding van die vreemde burgerskap van die opdraggewende ouers in die WH-saak word die toenemende voorkoms van internasionale surrogaatmoederskapooreenkomste bespreek. Suid-Afrika se benadering in hierdie verband word uitgelê. Die tekortkominge in die reg van die opdraggewende ouers se lande van herkoms om volle ouerlike status aan hulle toe te ken ondanks ’n Suid-Afrikaanse hofbevel tot dien effek, word uitgewys. Die artikel sluit af deur ’n beroep te doen op die wetgewer om aanvullende statutêre maatreëls daar te stel om te verseker dat die goedkeuringsproses konsekwent gehanteer word en dat kommersiële surrogaatmoederskap met groter verdraagsaamheid en buigsaamheid beoordeel word.en_US
dc.description.librarianam2014en_US
dc.description.urihttp://www.lexisnexis.co.zaen_US
dc.identifier.citationLouw, A 2013, 'Surrogacy in South Africa : should we reconsider the current approach?', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 76, no. 4, pp. 564-588.en_US
dc.identifier.issn1682-4490
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/40917
dc.language.isoenen_US
dc.publisherLexisNexisen_US
dc.rightsLexisNexisen_US
dc.subjectSurrogacyen_US
dc.subjectMotherhooden_US
dc.subjectSouth Africa (SA)en_US
dc.subjectSurrogaatmoederskapen_US
dc.subjectSuid-Afrika (SA)en_US
dc.subjectChildren’s Act 38 of 2005en_US
dc.titleSurrogacy in South Africa : should we reconsider the current approach?en_US
dc.title.alternativeSurrogaatmoederskap in Suid-Afrika : moet ons die huidige benadering heroorweeg?en_US
dc.typeArticleen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Louw_Surrogacy_2013.pdf
Size:
144.76 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: