Legal framework for public private partnership in Nigeria
Loading...
Date
Authors
Soyeju, Olufemi Olugbemiga
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Pretoria University Law Press (PULP)
Abstract
Nigerië staar tans ’n infrastruktuur-tekort in die gesig, wat ’n beperking
plaas op die land se vermoë om ekonomies te groei en te ontwikkel ter
bereiking van die nasionale visie om deel van die top 20 wêreld ekonomie
teen 2020 te wees. Om die land se infrastruktuur te verbeter en sodoende
verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, moet daar belê
word in die uitbreiding van die infrastruktuur en basiese dienslewering op
’n skaal wat tans vêr buite die bereik is van die regering se begroting en
finansiële vermoëns. Dus is die Nigeriese regering afhanglik van privaat
inisiatiewe en kapitaal om die land se infrastruktuur te onderhou en uit te
brei. Die gebrek van finansiering noodsaak die regering om gebruik te
maak van privaatsektor hulpbronne en –finansiering vir die voorsiening
van infrastruktuur en dienslewering deur middel van openbaar-private
vennootskappe. Hierdie artikel ondersoek die regsgrondslag vir privaatsektor
deelname in die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering in
Nigerië. Uiteindelik, bied dit ’n oorsig en lewer kritiek op sekere
wetgewing wat die openbaar-private vennootskap raamwerk in die
voorsiening van infrastruktuur, onderhoud en finansiering in Nigerië reël.
Die artikel argumenteer dat wetgewing wat die grondslag van die
raamwerk in Nigerië beheer ontoereikend is. Die ontoereikendheid van
wetgewing is deels verantwoordelik vir die gebrek aan private belegging in
Nigerië se openbare infrastruktuur en dienslewering. Dit lei daartoe dat
die program nie daarin slaag om privaat beleggings vir die ontwikkeling
van Nigeriese infrastruktuur te verseker nie. Gevolglik sal die regte
wetgewing die privaatsektor aanmoedig om hulle beleggings te verhoog
en die nodige finansiële hulpbronne beskikbaar te stel om kritiese
ontwikkeling van openbare infrastruktuur en dienslewering te
bewerkstellig.
Description
Keywords
Legal framework, Nigeria, Public private partnership (PPP), Nigerie, Regsgrondslag, Openbaar-private samewerking
Sustainable Development Goals
Citation
Soyeju, O 2013, 'Legal framework for public private partnership in Nigeria', De Jure, vol. 46, no. 3, pp. 814-832.