Wanneer vind artikel 7(7) van die Wet op Egskeiding, 70 van 1979, toepassing?
Loading...
Date
Authors
Van Schalkwyk, L.N. (Llewelyn Neil), 1952-
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Pretoria University Law Press (PULP)
Abstract
Artikel 7(7) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979 (die Wet) maak voorsiening dat by die bepaling van die vermoënsregtelike voordele waarop partye in enige egskeidingsgeding geregtig is, word 'n party se pensioenbelang geag deel van sy bates te wees. Die titel van die aantekening vra die vraag wanneer hierdie bepaling toepassing vind. Daar is nie minder as drie antwoorde op hierdie vraag nie. Dit is die doel van hierdie aantekening om die antwoorde te stel en om ook die regsgeldigheid daarvan te beoordeel. Twee van die drie antwoorde is al 'n geruime tyd in ons midde. Die geldigheid daarvan is ook reeds vroeër deur regskenners beoordeel. In die lig van die nuutste antwoord op die vraag word daar kortliks weer aandag aan elk van die onderskeie antwoorde gegee.
Description
Keywords
Suid-Afrikaanse Wet op Egskeiding 70 van 1979, Artikel 7(7), Regsgeldigheid
Sustainable Development Goals
Citation
Van Schalkwyk, LN 2013, 'Wanneer vind artikel 7(7) van die Wet op Egskeiding, 70 van 1979, toepassing?', De Jure, vol. 46, no. 3, pp. 849-858.