JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades.
We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Collective sale of sports television rights in the European Union : competition law aspects
Televisieregte vir sport word wêreldwyd vir astronomiese bedrae verhandel. In die Europese Unie (EU), word hierdie regte gewoonlik deur sportliggame en -ligas op 'n kollektiewe grondslag verhandel, ten einde die waarde daarvan te verhoog. Sulke reëlings is egter onderhewig aan EU Mededingingsmaatreëls, wat daarop gerig is, nie om mededinging te verhoed nie, maar om onregmatige mededinging te verbied en die spreekwoordelike speelveld gelyk te maak. Hierdie artikel oorweeg die maatstawwe, soos neergelê deur die mededingingsdirektoraat van die Europese Kommissie en uitgewys in regspraak van die Europese geregshof, om te bepaal of sodanige kollektiewe verhandelinge van geval tot geval regmatig is. Dit oorweeg ook die beperkings wat die sogenaamde EU "Television Without Frontiers" Directive plaas op die verhandeling van TV-regte deur sportliggame, en wat vereis dat bepaalde sportgeleenthede van sosiale belang in elkeen van die 28 lidstate van die EU algemeen beskikbaar moet wees op "gratis-oor-die-lug-televisie". Die artikel fokus ook op die onlangse appèlsake wat in die Europese geregshof ten aansien van die FIFA sokker-wêreldbeker en UEFA Europese kampioenskap beslis is.