The role of the courts in ensuring the right to a basic education in a democratic South Africa : a critical evaluation of recent education case law
Loading...
Date
Authors
Skelton, Ann, 1961-
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Pretoria University Law Press (PULP)
Abstract
Hierdie artikel ontleed onlangse regspraak aangaande die reg op basiese onderwys. Die "vier A-skema", wat deur 'n voormalige spesiale rapporteur op onderwys van die Verenigde Nasies voorgestel is en deur die Komitee op Sosiale-, Ekonomiese- en Kulturele Regte in sy Algemene Kommentaar 13 ondersteun is, vorm die raamwerk vir die ontleding. Die vier A-skema omvat beskikbaarheid (availability), toeganklikheid (accessibility), aanvaarbaarheid (acceptability) en aanpasbaarheid (adaptability). 'n Kritiese ontleding van die regspraak dui aan dat daar probleme in die lewering van basiese onderwys in Suid-Afrika bestaan met betrekking tot elkeen van die vier verwante elemente. Sommige van die hindernisse het betrekking op die versuim om noodsaaklike vereistes soos infrastruktuur, skryfbehoeftes en vervoer te voorsien. Ander uitdagings hou verband met geskille rakende die magte van skoolbeheerliggame en skole teenoor die magte van provinsiale departementshoofde, lede van provinsiale uitvoerende komitees en, ten opsigte van nasionale beleid, die nasionale Minister van Basiese Onderwys. Die artikel wys dat litigasie 'n belangrike rol speel om die reg op basiese onderwys te verwesenlik, geskille te besleg en die toewysing van dienste en middele aan leerders te verseker. Die slotsom is dat die soms noodsaaklik en gepas is om die geregtelike roete wat binne 'n grondwetlike demokrasie beskikbaar is, te volg om die reg op basiese onderwys te verwesenlik.
Description
Keywords
Courts, Right to a basic education
Sustainable Development Goals
Citation
Skelton, A 2013, 'The role of the courts in ensuring the right to a basic education in a democratic South Africa : a critical evaluation of recent education case law', De Jure : Education Law in a Democracy, vol. 46, no. 1, pp. 1-23.