Die Bestuur van vertragings en die gevolglike verlenging van konstruksietydperke op bouprojekte in die Republiek van Suid-Afrika

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Vertragings in konstruksie-aktiwiteite wat tot verlenging van konstruksietydperke op bouprojekte lei, hou wesenlike risiko's vir bouhere in en is dikwels bepalend van sukses, al dan nie, daarvan Die kontrakvoorwaardes van toe passing op bouprojekte magtig en verplig argitekte om onder bepaalde omstandighede verlenging van konstruksietydperke toe te staan of te weier. Die geldigheid van die grondslae waarop sodanige verlenging bereken word, word bevraagteken en ondersoek Om rigting aan die studie te gee, word die vergelykbare toedrag van sake op siviele konstruksieprojekte voorgehou om as maatstaf te dien waarteen die posisie op bouprojekte opgeweeg en geevalueer kan word Deur middel van ex post facto-navorsing op beskikbare data word ondersoek tot watter mate bouprojekte in Suid-Afrika betyds of laat voltooi word en wat die ordegrootte van tydige voltooiing en oorskryding van die oorspron.klike beplande konstruksietydperke is. Die omvang van vertragings, wat deur individuele faktore elk afsonderlik op bouprojekte veroorsaak word, word ook ondersoek Met behulp van die ontleding van antwoorde op vraelyste wat aan gekeurde respondente gerig is, word ondersoek of die dienste van 'n onafhanklike beplanningskonsultant aangewend kan word om in die beplanning en skedulering, sowel as die uitvoering van die werke, die behoeftes/vereistes van beide die bouheer en die aannemer te ondervang 'n Meer wetenskaplikverantwoordbare wyse vir die toedeling van die eienaarskap van speling op bouprojekte en die wenslikheid van sodanige stappe, al dan nie, word op 'n soortgelyke manier ondersoek Gemelde ondersoeke lei tot bevindings en gevolgtrekkings wat teen hipotesestellings getoets is. Voorstelle vir verdere navorsing in gebiede aanverwant aan die onderwerp van die proefskrif is gemaak

Description

Thesis (PhD)--University of Pretoria, 1998.

Keywords

konstruksietydperke op bouprojekte, Bouprojekte, Siviele konstruksieprojekte, Bouprojekte in Suid-Afrika, UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Brummer, DG 1998, Die Bestuur van vertragings en die gevolglike verlenging van konstruksietydperke op bouprojekte in die Republiek van Suid-Afrika, PhD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/33036>