Ekologiese studie van 'n natuurlewebestuursplan vir die Honnet-Natuurreservaat, noordelike provinsie

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van Hoven, Wouter
dc.contributor.coadvisor Theron, G.K.
dc.contributor.postgraduate Visser, Nelmarie
dc.date.accessioned 2013-12-10T08:38:53Z
dc.date.available 2013-12-10T08:38:53Z
dc.date.created 1995-09-02
dc.date.issued 1995
dc.description Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1995. en_US
dc.description.abstract Vir die wetenskaplike bestuur van natuurreservate is die toepassing van ekologiese kennis nodig om die vooraf bepaalde doelstellings te bereik. Dit is dus noodsaaklik dat die bestuurder die fundamentele ekologiese beginsels verstaan en kan toepas. Die klimaat, geologie en grande van die Honnet-natuurreservaat word aan die hand van beskikbare literatuur bespreek. Die klimaat van die gebied kan as semi-aried beskou word. Die belangrikste geologiese formasies is basalt, Clarenssandsteen, doleriet, alluvium en ijoliet. Vyf grondvorme naamlik Hutton, Glenrosa, Oakleaf, Dundee en Mispah kom op die reservaat voor. Die plantegroei is met behulp van die Braun-Blanquet-benadering geklassifiseer en die strukturele beskrywing deur van die Varieerbare-kwadrantperseelmetode gebruik te maak. Twaalf plantgemeenskappe met vier variasies is onderskei en gekarteer. Ses bestuurseenhede is op grand van kenmerkende plantgemeenskappe 1 grondvorm en topografie onderskei. Die veldtoestand is met behulp van drie verskillende metodes bepaall waarvan die ekologiese indeksmetode die aanvaarbaarste resul taat gel ewer het. Die veldtoestand is swak met 1 n telling van 360 vir die totale studiegebied. Die weikapasiteit vir die studiegebied is 29 GVE. Die droemassa-produksie van die graslaag is in elke bestuurseenheid bepaal en 1 n gemiddeld van 345.4 kgjha is vir die totale studiegebied verkry. Die beskikbare blaarmateriaal vir elke bestuurseenheid en die totale studiegebied is bepaal. Op dies 1.5 m1 >1.5-2.0 m en >2.0-5.0 m hoogteklasse was 4 090.0 kgjha 1 2 605.2 kgjha en 8 990.6 kgjha blaarmateriaal onderskeidelik beskikbaar. 'n Regressievergelyking tussen die produksie van die graslaag en boomdigtheid (ETBE) word met ander soortgelyke studies vergelyk. Die positiewe korrelasie in die studiegebied teenoor die negatiewe korrelasie deur ander navorsers gevind kan moontlik aan die oormatige oorbeweiding en vertrapping van die reservaat toegeskryf word. Die bevolkingstruktuur, habitat- en voedselvoorkeure van die verskillende grater soogdiersoorte is ondersoek. Die dierebevolkings is gesond. Die gemsbok en rooihartbees kom nie natuurlik in die gebied voor nie en 'n werklik geskikte habitat vir die waterbok 1 bestaan nie op die reservaat nie. Dit word aanbeveel dat die diersoorte van die reservaat verwyder word. Vraelyste is aan besoekers uitgedeel om vas te stel aan watter tipe aktiwiteite hulle sal deelneem 1 waarvolgens 1 n voorkeur vir staproetes 1 wildkykritte en swem bestaan. Voorstelle vir omgewingsopvoeding en verskillende aspekte van toerisme word gemaak. 'n Oornagvoetslaanroete word aanbeveel en is reeds ui tgemerk. Die wei- en blaarvreetkapasiteit vir die reservaat is onderskeidelik 28.2 GVE en 180 BVE waarvolgens wildladings aanbeveel is. Aanbevelings word· vir algemene wild- en veldbestuur, onder andere gereelde wildtellings, monitering van veldtoestand en oop- en toemaak van waterpunte gemaak. Passiewe aanpassingsbestuur word aanbeveel waardeur wildgetalle aangepas word volgens die reenval en veldtoestand. 'n Beslui tnemingsmodel word aangebied wat as riglyn en hulpmiddel in die neem van bestuursbesluite kan dien. en_US
dc.description.availability unrestricted en_US
dc.description.department Animal and Wildlife Sciences en_US
dc.description.librarian gm2013 en_US
dc.identifier.citation Visser, N. 1995, Ekologiese studie van 'n natuurlewebestuursplan vir die Honnet-Natuurreservaat, noordelike provinsie, MSc dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32765> en_US
dc.identifier.other E13/9/1108/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/32765
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1995 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria en_US
dc.subject Ekologiese kennis en_US
dc.subject Honnet Natuurreservaat en_US
dc.subject Noordelike Provinsie en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Ekologiese studie van 'n natuurlewebestuursplan vir die Honnet-Natuurreservaat, noordelike provinsie en_US
dc.type Dissertation en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record