Ekologiese studie van 'n natuurlewebestuursplan vir die Honnet-Natuurreservaat, noordelike provinsie

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Vir die wetenskaplike bestuur van natuurreservate is die toepassing van ekologiese kennis nodig om die vooraf bepaalde doelstellings te bereik. Dit is dus noodsaaklik dat die bestuurder die fundamentele ekologiese beginsels verstaan en kan toepas. Die klimaat, geologie en grande van die Honnet-natuurreservaat word aan die hand van beskikbare literatuur bespreek. Die klimaat van die gebied kan as semi-aried beskou word. Die belangrikste geologiese formasies is basalt, Clarenssandsteen, doleriet, alluvium en ijoliet. Vyf grondvorme naamlik Hutton, Glenrosa, Oakleaf, Dundee en Mispah kom op die reservaat voor. Die plantegroei is met behulp van die Braun-Blanquet-benadering geklassifiseer en die strukturele beskrywing deur van die Varieerbare-kwadrantperseelmetode gebruik te maak. Twaalf plantgemeenskappe met vier variasies is onderskei en gekarteer. Ses bestuurseenhede is op grand van kenmerkende plantgemeenskappe 1 grondvorm en topografie onderskei. Die veldtoestand is met behulp van drie verskillende metodes bepaall waarvan die ekologiese indeksmetode die aanvaarbaarste resul taat gel ewer het. Die veldtoestand is swak met 1 n telling van 360 vir die totale studiegebied. Die weikapasiteit vir die studiegebied is 29 GVE. Die droemassa-produksie van die graslaag is in elke bestuurseenheid bepaal en 1 n gemiddeld van 345.4 kgjha is vir die totale studiegebied verkry. Die beskikbare blaarmateriaal vir elke bestuurseenheid en die totale studiegebied is bepaal. Op dies 1.5 m1 >1.5-2.0 m en >2.0-5.0 m hoogteklasse was 4 090.0 kgjha 1 2 605.2 kgjha en 8 990.6 kgjha blaarmateriaal onderskeidelik beskikbaar. 'n Regressievergelyking tussen die produksie van die graslaag en boomdigtheid (ETBE) word met ander soortgelyke studies vergelyk. Die positiewe korrelasie in die studiegebied teenoor die negatiewe korrelasie deur ander navorsers gevind kan moontlik aan die oormatige oorbeweiding en vertrapping van die reservaat toegeskryf word. Die bevolkingstruktuur, habitat- en voedselvoorkeure van die verskillende grater soogdiersoorte is ondersoek. Die dierebevolkings is gesond. Die gemsbok en rooihartbees kom nie natuurlik in die gebied voor nie en 'n werklik geskikte habitat vir die waterbok 1 bestaan nie op die reservaat nie. Dit word aanbeveel dat die diersoorte van die reservaat verwyder word. Vraelyste is aan besoekers uitgedeel om vas te stel aan watter tipe aktiwiteite hulle sal deelneem 1 waarvolgens 1 n voorkeur vir staproetes 1 wildkykritte en swem bestaan. Voorstelle vir omgewingsopvoeding en verskillende aspekte van toerisme word gemaak. 'n Oornagvoetslaanroete word aanbeveel en is reeds ui tgemerk. Die wei- en blaarvreetkapasiteit vir die reservaat is onderskeidelik 28.2 GVE en 180 BVE waarvolgens wildladings aanbeveel is. Aanbevelings word· vir algemene wild- en veldbestuur, onder andere gereelde wildtellings, monitering van veldtoestand en oop- en toemaak van waterpunte gemaak. Passiewe aanpassingsbestuur word aanbeveel waardeur wildgetalle aangepas word volgens die reenval en veldtoestand. 'n Beslui tnemingsmodel word aangebied wat as riglyn en hulpmiddel in die neem van bestuursbesluite kan dien.

Description

Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1995.

Keywords

Ekologiese kennis, Honnet Natuurreservaat, Noordelike Provinsie, UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Visser, N. 1995, Ekologiese studie van 'n natuurlewebestuursplan vir die Honnet-Natuurreservaat, noordelike provinsie, MSc dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32765>