Ekologiese studie van die ontbinding van begrondse plantreste in die Nylsvleysavanne-Ekosisteem

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Die ontbinding van blaarmateriaal is onder gekontroleerde en natuurlike toestande, soos gevind in die Nylsvleysavanne, ondersoek. As kriteria van ontbinding is massa-afname, chemiese samestelling, kiembare propaguletellings, ATP-inhoud en CO2-produksie van die plantreste gebruik. Die invloed van fisiese faktore (vog, temperatuur en substraat partikelgrootte) en chemiese faktore (suiker, hemisellulose, sellulose, lignien, stikstof, fosfor en kalium) op mikrobeaktiwiteit in plantreste is bestudeer. Die vernaamste bevindings is soos volg: 1. Drie groepe van plantreste kan op grand van hulle ontbindingstempo's onderskei word, naamlik 'n vinnig - (Digitaria eriantha en eragrostis pallens), 'n medium stadig- (Terminalia servicea, Combretum molle en Grewia filavescens) en 'n stadig- onttbindende groep (Ochna pulchra en Burkea africana). Die vinnig-ontbindende groep se massa het na die eerste jaar van ontbinding met 60% afgeneem terwyl die ooreenstemmende waardes vir die medium stadig- en stadig. In die veld- en laboratoriumstudie is gevind dat die ontbindende groep 26% en 11% onderskeidelik was. 2. In die veld-en laboratoriumstudie is gevind dat die suiker- en hemisellulosekonsentrasie positief gekorreleerd was met die ATP-inhoud maar dat die sellulose- en lignienkonsentrasie 'n negatiewe verband met ATP vertoon het. In die laboratoriumstudie is hierdie tendens ook vir die CO2-produksie van die plantreste opgemerk. Die invloed van organiese verbindings op die CO2-produksie in die veldstudie was egter verskillend aangesien die suikerkonsentrasie ook negatief gekorreleerd was met die CO2-produksie. 3. Kiembare propaguletellings, in teenstelling met ATP essaiëring of CO2-metings, was van weinig waarde as indeks van ontbindingstempo's. 4. Die verband tussen vog en mikrobe-aktiwiteit was logaritmies in die veldstudie en lineêr in die laboratoriumstudie. 5. Die simulasiemodel wat opgestel is vir die ontbinding van plantreste in strooiselsakkies, het 'n goeie ooreenstemming met eksperimentele data gelewer. Die ouderdom van plantreste kon met behulp van hierdie model afgelei word. Gedurende die studie het enkele vrae opgeduik waarvoor geen definitiewe antwoorde voorsien kon word nie, naamlik: (i) die bydrae van die aktiwiteite van invertebrate tot ontbinding; (ii) die wisselwerking tussen chemiese verbindings se invloed op mikrobe-aktiwiteit; en (iii) die effek van populasiesuksessie op die ATP/CO2- verhouding.

Description

Thesis(DSc)--University of Pretoria, 1980

Keywords

Blaarmateriaal, Nylsvleysavanne, Plantreste, UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Bezuidenhout, JJ. 1980, Ekologiese studie van die ontbinding van begrondse plantreste in die Nylsvleysavanne-Ekosisteem, DSc thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32458>