Ekologiese studie van die ontbinding van begrondse plantreste in die Nylsvleysavanne-Ekosisteem

dc.contributor.advisorSteyn, P.L.
dc.contributor.coadvisorMorris, J.W.
dc.contributor.email
dc.contributor.postgraduateBezuidenhout, Johannes Jurgens
dc.date.accessioned2013-11-18T15:42:19Z
dc.date.available2013-11-18T15:42:19Z
dc.date.created1980-11-02
dc.date.issued1980
dc.descriptionThesis(DSc)--University of Pretoria, 1980en_US
dc.description.abstractDie ontbinding van blaarmateriaal is onder gekontroleerde en natuurlike toestande, soos gevind in die Nylsvleysavanne, ondersoek. As kriteria van ontbinding is massa-afname, chemiese samestelling, kiembare propaguletellings, ATP-inhoud en CO2-produksie van die plantreste gebruik. Die invloed van fisiese faktore (vog, temperatuur en substraat partikelgrootte) en chemiese faktore (suiker, hemisellulose, sellulose, lignien, stikstof, fosfor en kalium) op mikrobeaktiwiteit in plantreste is bestudeer. Die vernaamste bevindings is soos volg: 1. Drie groepe van plantreste kan op grand van hulle ontbindingstempo's onderskei word, naamlik 'n vinnig - (Digitaria eriantha en eragrostis pallens), 'n medium stadig- (Terminalia servicea, Combretum molle en Grewia filavescens) en 'n stadig- onttbindende groep (Ochna pulchra en Burkea africana). Die vinnig-ontbindende groep se massa het na die eerste jaar van ontbinding met 60% afgeneem terwyl die ooreenstemmende waardes vir die medium stadig- en stadig. In die veld- en laboratoriumstudie is gevind dat die ontbindende groep 26% en 11% onderskeidelik was. 2. In die veld-en laboratoriumstudie is gevind dat die suiker- en hemisellulosekonsentrasie positief gekorreleerd was met die ATP-inhoud maar dat die sellulose- en lignienkonsentrasie 'n negatiewe verband met ATP vertoon het. In die laboratoriumstudie is hierdie tendens ook vir die CO2-produksie van die plantreste opgemerk. Die invloed van organiese verbindings op die CO2-produksie in die veldstudie was egter verskillend aangesien die suikerkonsentrasie ook negatief gekorreleerd was met die CO2-produksie. 3. Kiembare propaguletellings, in teenstelling met ATP essaiëring of CO2-metings, was van weinig waarde as indeks van ontbindingstempo's. 4. Die verband tussen vog en mikrobe-aktiwiteit was logaritmies in die veldstudie en lineêr in die laboratoriumstudie. 5. Die simulasiemodel wat opgestel is vir die ontbinding van plantreste in strooiselsakkies, het 'n goeie ooreenstemming met eksperimentele data gelewer. Die ouderdom van plantreste kon met behulp van hierdie model afgelei word. Gedurende die studie het enkele vrae opgeduik waarvoor geen definitiewe antwoorde voorsien kon word nie, naamlik: (i) die bydrae van die aktiwiteite van invertebrate tot ontbinding; (ii) die wisselwerking tussen chemiese verbindings se invloed op mikrobe-aktiwiteit; en (iii) die effek van populasiesuksessie op die ATP/CO2- verhouding.en_US
dc.description.availabilityunrestricteden_US
dc.description.departmentPlant Scienceen_US
dc.description.librariangm2013en_US
dc.identifier.citationBezuidenhout, JJ. 1980, Ekologiese studie van die ontbinding van begrondse plantreste in die Nylsvleysavanne-Ekosisteem, DSc thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32458>en_US
dc.identifier.otherD13/9/1099/gmen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/32458
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 1980 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoriaen_US
dc.subjectBlaarmateriaalen_US
dc.subjectNylsvleysavanneen_US
dc.subjectPlantresteen_US
dc.subjectUCTDen_US
dc.titleEkologiese studie van die ontbinding van begrondse plantreste in die Nylsvleysavanne-Ekosisteemen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Bezuidenhout_Ekologiese_1980.pdf
Size:
8.34 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: