Educational law in democracy - Who guards the guardians? Freedom of expression and whistle-blowers - a personal narrative

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Prinsloo, Justus G.

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Pretoria University Law Press (PULP)

Abstract

Die bespreking van die opvoeder se reg op vryheid van uitdrukking in hierdie artikel spruit voort uit ’n departementele tugverhoor wat werklik plaasgevind het. Die opvoeder het, aldus die klagstaat, met die pers gepraat oor ’n voorval wat by die skool plaasgevind het. Die Departement beweer dat die opvoeder nie met die pers mag praat sonder die toestemming van die Departement nie. Hy sou dan ook nie sodanige toestemming gehad het nie. Tydens die verhoor het die skrywer as vakbondverteenwoordiger namens die opvoeder gepoog om die voorsittende beampte te oortuig dat die geldigheid van die klagtes oorweeg moet word in die lig van die opvoeder se reg op vryheid van spraak, welke reg nie willekeurig deur amptenare van die Departement beperk kan word nie. Dit sou beteken dat dit geldige aanklagtes moet wees. Hierdie verweer was nie suksesvol nie. Die aandag van die voorsittende beampte is ook gevestig op nuwe kinderwetgewing wat die beskerming van kinders vereis en die aanmelding van bepaalde oortredings verpligtend maak vir opvoeders. Die voorsittende beampte kon dit aanvaar, maar alleen aanmelding aan die polisie maar nie aan die pers nie. ’n Laaste poging is aangewend deur die voorsittende beampte se aandag te vestig op die voorskrifte van die Wet op Beskermde Bekendmakings 26 van 2000, wat die werkgewer gebied om, onder omstandighede waar aan die vereistes van die Wet voldoen is, ’n werknemer wat so ’n bekendmaking doen, te beskerm en verder die werkgewer verbied om die werknemer aan beroepsnadeel te onderwerp, wat in hierdie geval ’n skorsing en tugverhoor behels het. Ook hierdie poging was onsuksesvol. In die loop van die bespreking word ook melding gemaak van die basiese vereistes vir ’n billike verhoor wat verontagsaam is en wat buitendien daartoe behoort te lei dat die verrigtinge op appèl ter syde gestel behoort te word.

Description

Keywords

Democracy, Freedom of expression, Whistle-blowers

Sustainable Development Goals

Citation

Prinsloo, J 2013, 'Educational law in democracy -who guards the guardians? Freedom of expression and whistle-blowers - a personal narrative', De Jure, 46, no. 1, pp. 178-205.