Moontlike implikasies van die Uruguay-rondte van multilaterale handelsonderhandelinge vir Suider-Afrika in die algemeen en die Suid-Afrikaanse landbousektor in die besonder

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Van der Merwe, A.J.
Kirsten, Johann F.

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Agricultural Economics Association of South Africa

Abstract

Dit is steeds moontlik dat die Uruguay-rondte van Multilaterale Handelsonderhandelinge teen vroeg 1993 suksesvol afgesluit kan word. Indien 'n nuwe AOTH-ooreenkoms op grond van die huidige besprekingsdokument, die Dunkel-voorstelle onderteken word, hou dit sekere implikasies vir Suid-Afrika se landboubemarkingstelsel in. Hierdie referaat bespreek kortliks die verloop van die onderhandelinge en wys op watter voorstelle vir die liberalisering van wêreldlandbouhandel in die Dunkel-voorstelle ingesluit is. Benewens die implikasies vir die Suid-Afrikaanse landbou sal die hele Suider-Afrika baat vind by die aanvaarding van die nuwe ooreenkoms aangesien 'n mislukking van die onderhandelinge die sub-kontinent aan die mag van handelsblokke in ander dele van die wêreld sal oorlaat met geen organisasie soos die AOTH wat kan optree teen onregverdige handelspraktyke.

Description

For more information on the Agricultural Economics Association of South Africa or subscription to Agrekon, visit http://www.aeasa.org.za

Keywords

Dunkel-voorstelle, Dunkel proposals, Statutêre beheer, Statutory power, Wêreldlandbouhandel, World agricultural trade

Sustainable Development Goals

Citation

Van der Merwe, A.J. & Kirsten, J.F. (1992). Moontlike implikasies van die Uruguay-rondte van multilaterale handelsonderhandelinge vir Suider-Afrika in die algemeen en die Suid-Afrikaanse landbousektor in die besonder. Agrekon, 31(4), 185-191.[http://www.aeasa.org.za]