Ontstaan, bestuur en ontvangs van Die Boerevrou, die eerste Afrikaanse vrouetydskrif
Loading...
Date
Authors
Van Rensburg, Jeanette
Pretorius, F. (Fransjohan)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
South African Society of Cultural History
Abstract
Van Maart 1919 to Desember 1931 is die eerste Afrikaanse vrouetydskrif, Die Boerevrou, maandeliks in Pretoria uitgegee. Die tydskrif is deur Lou-Marie Kruger as 'n problematiese en onbetroubare bron van feitelike inligting oor die verlede bestempel op grond van die feit dat die konstruksie en verspreiding van nasionalisme as die redaktrise se doel met die publikasie geïdentifiseer kon word. Die geskiedenis van die ontstaan, bestuur en ontvangs van Die Boerevrou toon nogtans dat die publikasie daarvan nie in isolasie plaasgevind het nie, maar die resultaat van 'n komplekse samehang van rolspelers, oortuigings en gebeure was. Die opheffingsrol wat die tydskrif in die lewe van vrouens gespeel het, behels meer as nasionale opvoeding omdat dit ook persoonlike ontwikkeling en maatskaplike betrokkenheid aangemoedig het - eienskappe wat in ander ideologiese kringe ook hoog aangeskryf word en dus nie noodwendig 'n aanduiding van nasionalistiese beïnvloeding is nie.
Description
Keywords
Die Boerevrou, Mabel Malherbe, Media studies, Nationalism, Volksmoeder discourse, Women's magazine, Periodical studies, Die Boerevrou, Mabel Malherbe, Mediastudies, Nasionalisme, Tydskrifstudies, Volksmoederdiskoers, Vrouetydskrif
Sustainable Development Goals
Citation
Van Rensburg, J & Pretorius, F 2012, 'Ontstaan, bestuur en ontvangs van Die Boerevrou, die eerste Afrikaanse vrouetydskrif', South African Journal of Cultural History , vol. 26, no. 2, pp. 171-189.