The rule of law versus decisionism in the South African constitutional discourse

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Malan, Jacobus J. (Koos)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Pretoria University Law Press (PULP)

Abstract

Die heerskappy van die reg (rule of law) is een van die grondliggende waardes van die Suid-Afrikaanse grondwetlike orde. Saam met ’n aantal ander waardes wat in artikel 1 van die Grondwet van die Republiek van Suid- Afrika van 1996 vervat is, omskryf dit die eenstemmige waardekompleks waarop die huidige grondwetlike orde berus. Hierdie bydrae ontleed onlangse gebeure in die Suid-Afrikaanse grondwetlike diskoers, meer bepaald: (1) die omstredenheid rondom die Regterlike Dienskommissie se hantering van die klagtes van die regters van die Konstitusionele Hof teen regterpresident John Hlophe en (2) die president se verlenging van die ampstermyn van die vorige hoofregter kragtens ’n ongrondwetlike wetsbepaling. Daar word geargumenteer dat die omstredenheid te wyte is aan twee onversoenbare denkbeelde oor die heerskappy van die reg. Die een is die klassieke konsep van oppergesag van die reg, wat op die beginsel van legaliteit gegrond is, en die ander, hier desisionisme genoem, is gegrond op ’n “norm” van die “beste” besluit in die omstandighede. Hierdie diepliggende verskil spruit voort uit twee uiteenlopende (regs)kulture. Die een het ’n skriftuurlike grondslag en is geanker in ’n soewereine corpus van reg teenoor die ander een wat mondeling en teenswoordig-gesentreerd is en wat nie met die idee van ’n soewereine corpus van reg soos dit eeue lank in veral die Westerse regskultuur bestaan, bekend is nie.

Description

Keywords

Heerskappy van die reg, Decisionism, Desisionisme, South African constitutional discourse, Suid-Afrikaanse grondwetlike orde

Sustainable Development Goals

Citation

Malan, K 2012, 'The rule of law versus decisionism in the South African constitutional discourse', De Jure, vol. 45, no. 2, pp. 272-305.