Abstract:
Die 2008/09-resessie was ’n keerpunt in die ekonomie. Voor die omwenteling het die ekonomiese aanwysers heelwat anders gelyk as daarna. Die Monetêre Beleidskomitee (MBK) het drie doelwitte: stabiele pryse, ekonomiese groei en volle indiensneming. Hierdie doelwitte word hoofsaaklik gereguleer deur middel van rentekoersaanpassing wat dus besteding of verbruik reguleer.