Reconsidering the plight of the five foolish maidens : should the unsecured creditor stake a claim in real security?

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Boraine, A. (Andre), 1957-
Van Wyk, Jani Sita

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

In hierdie artikel ondersoek die outeurs geselekteerde aspekte wat betrekking het op die posisie van onversekerde skuldeisers wat eise teen ’n insolvente boedel instel. Dit word oor die algemeen aanvaar dat sodanige klas van skuldeisers normaalweg min, indien enigsins, betaling by wyse van ’n dividend ontvang. Daarteenoor staan die versekerde skuldeiser en die statutêre voorkeurskuldeiser in ’n veel gunstiger posisie. Dit is vir die ekonomie en die gemeenskap in die algemeen van uiterste belang dat skuldeisers se regte gerespekteer word, maar die vraag het tog al ontstaan of sekere onversekerde skuldeisers onder bepaalde omstandighede ’n aanspraak op minstens ’n deel van die opbrengs van sekuriteite behoort te hê. Daar word spesifiek verwys na dié skuldeisers wat onvrywillig- lik skuldeisers word en dus nie oor dieselfde gunstige onderhandelingsmoontlikhede beskik as ’n skuldeiser wat doelbewus kontrakteer en dus meer voordelige terme en sekuriteit kan beding nie. Die aspek is as ’n beleidsoorweging in ander regstelsels ondersoek en ook al in beperkte gevalle geïmplementeer. In Suid-Afrika het artikel 135 van die Maatskappywet van 2008 ook ’n super-voorkeur op die sogenaamde na-aanvang finansiering ten gunste van, onder andere, sekere werknemerseise geskep – ’n voorkeur wat selfs bo gespesifiseerde versekerde skuld sal rangeer. Die artikel is nietemin bloot verkennend van aard maar die outeurs meen dat die debat as sulks nie nutteloos is nie en straks verder ondersoek behoort te word.

Description

Keywords

Real security, Saaklike sekerheid, Unsecured creditor, Onversekerde skuldeiser

Sustainable Development Goals

Citation

Boraine, A & Van Wyk, J 2011, 'Reconsidering the plight of the five foolish maidens : should the unsecured creditor stake a claim in real security?', Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 74, no. 3, pp. 347-371.