Unravelling the entrapment enigma : reflections on the role of the mental health expert in the assessment of battered woman syndrome and coercive control advanced in support of a defence of non-pathological criminal incapacity

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Stevens, G.P. (Geert Philip)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Mishandeling binne die konteks van intieme verhoudings is tans ’n algemene verskynsel. Wanneer die mishandelde party hom- of haar egter tot kriminele optrede wend ten einde te ontsnap uit sodanige verhouding, word die situasie gekompliseerd. Daar is tans ’n aantal verwere binne die konteks van die materiële strafreg tot die beskikking van ’n party wat aangekla word, of staan te word, as gevolg van misdadige optrede binne die konteks van mishandeling binne ’n intieme verhouding. Nie-patologiese ontoerekeningsvatbaar- heid is een sodanige verweer. In hierdie artikel evalueer die outeur die rol van die geestesdeskundige in die assessering van ’n beskuldigde wat hom of haar beroep op die verweer van nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid as gevolg van misdadige optrede voortspruitend uit mishandeling binne ’n intieme verhouding. Die outeur oorweeg die meriete van laasgenoemde verweer en gevolglik die beskikbaarheid daarvan vir ’n mishandelde party binne die konteks van die omstrede Appèlhofbeslissing in Eadie. Die outeur kontekstualiseer verder die wesenlike rol van die geestesdeskundige teen die agtergrond van die mishandelde vrou-sindroom en die meer onlangse verskynsel van dwangbeheer wat aangevoer kan word ter ondersteuning van die verweer van nie- patologiese ontoerekeningsvatbaarheid. Ten slotte bereik die outeur die gevolgtrekking dat die leerstukke van die mishandelde vrou-sindroom en dwangbeheer slegs deur behoorlik gekwalifiseerde geestesdeskundiges geassesseer kan word. Verder word aanbeveel dat sowel die Staat as die beskuldigde in sodanige geval deskundige getuienis moet aanvoer ten einde die meriete van laasgenoemde verweer te evalueer. Die belangrike rol van deskundige getuienis in die geval van verminderde nie-patologiese toerekenings- vatbaarheid vir doeleindes van vonnisoplegging word ook toegelig.

Description

Keywords

Geestesdeskundige, Mishandelde vrou-sindroom, Coercive control, Dwang-beheer, Non-pathological criminal incapacity, Nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid

Sustainable Development Goals

Citation

Stevens,G P 2011, 'Unravelling the entrapment enigma : reflections on the role of the mental health expert in the assessment of battered woman syndrome and coercive control advanced in support of a defence of non-pathological criminal incapacity', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 74, no. 3, pp. 432-448.