The introduction of a statutory crime to address third-party foetal violence

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Pickes, Camilla

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

In S v Mshumpa word dit opnuut beklemtoon dat die fetus voor geboorte nie die draer is van grondwetlike regte nie en gevolglik is daar dus ook geen strafregtelike remedies beskikbaar vir die geval waar derdeparty geweld spesifiek gemik is op die beëindiging van swangerskap nie. Die artikel huldig die standpunt dat hierdie situasie aangespreek kan word deur die skepping van ’n statutêre misdryf gebaseer op vroulike reproduksieregte en die reg op menswaardigheid. Sodanige regshervorming sal in lyn met die Grondwet moet wees. Derhalwe kan die fetus steeds nie regstatus verkry nie en mag die misdryf nie in konflik wees met die riglyne vervat in die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap nie. Die Verenigde State van Amerika is gebruik in ’n vergelykende studie aangesien die kwessie van derdeparty geweld gemik teen die fetus reeds die aandag van die wetgewer en akademiese navorsing in dié jurisdiksie geniet het.

Description

Keywords

Statutory crime, Foetal violence, Statutêre misdryf, Derdeparty fetale geweld

Sustainable Development Goals

Citation

Pickles, C 2011, 'The introduction of a statutory crime to address third-party foetal violence', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 74, no. 4, pp. 546-649.