JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades.
We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Die artikel ondersoek met verwysing na enkele protesgedigte ‘n durende spanning
in die poësie-oeuvre van S.V. Petersen, naamlik sy verhouding met sy “landgenoot
met die ligte vel […] oor wie (hy) wroeg”. Ten aanvang word die ondersoek gerig op
aspekte van taalverwantskap, daarna volg vrae oor die vormlike aspekte van sy
poësie en laastens kom die verwantskapstema in sy oeuvre aan bod. Die basiese
teoretiese aanname berus op Bakhtinaanse insigte en word aangevul met tersaaklike
herkonstruktiewe kommentaar op die sosiale omgewing waarin die gedigte ontstaan
het. Die vanselfsprekendheid van Petersen se Afrikaanse digterskap word in
heroënskou geneem veral omdat die sosiale en politieke omstandighede in die 1940’s
daarvoor ongunstig was. Vervolgens word taalregister as ‘n simboliese handeling
bespreek waarna in enkele gedigte die ontwikkeling van die verwantskapidee oor
die loop van veertig jaar agterhaal word. Dit blyk dat die aanmoediging van dosente
en ouer medeskrywers, ‘n simpatieke uitgewery, sy Afrikaanse jeug en bes moontlik
Petersen se behoudende politieke ingesteldheid beslag aan sy taalkeuse gegee het,
terwyl sy poëtiese beskouing van verwantskap ontwikkel het vanaf vervreemding,
gebrokenheid en verwyt tot ontnugtering en by die ouer, ryper digter tot optimisme.