Prakties-teologiese riglyne vir die drie kategorieë van visuele prediking

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Van Tonder, Barend Jacobus

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

OpenJournals Publishing

Abstract

Met die verskyning van die TV-medium binne die Suid-Afrikaanse milieu in die laat sestigerjare en vroeë sewentigerjare (vgl. Barnard 2009:192), het ’n nuwe wyse van kommunikasie die lig gesien. Grotendeels het dit meegebring dat die kommunikasiemedium van die woord deur die kommunikasiemedium van die beeld vervang is (vgl. Sweet 1999:200).Visuele kommunikasie het die mees ingrypende verskuiwing geword wat oor die afgelope vyf dekades plaasgevind het. Uiteraard het dit ‘n nuwe generasie na vore gebring, wat as die visuele generasie bekend staan, en binne die visuele taalkode kommunikeer. Visuele uitbeelding word in hierdie artikel gestel as ‘n legitieme vorm van homiletiese aanbieding naas die oratoriese aanbieding van die prediking. In hierdie artikel word drie kategoriee van visuele prediking word geidentifiseer, naamlik, (1) die visuele beeldpreek, (2) die visuele uitbeeldingspreek en die (3) visuele verbeeldingspreek. Praktiese riglyne vir elke vorm van visuele prediking word in hierdie artikel ontwikkel, sodat die visuele geletterdheid van die prediker kan verhoog.

Description

Keywords

Visuele prediking, Visuele uitbeelding

Sustainable Development Goals

Citation

Van Tonder, B.J., 2011, ‘Prakties-teologiese riglyne vir die drie kategorieë van visuele prediking’, Verbum et Ecclesia 32(1), Art. #388, 11 pages. http://dx.doi. org/10.4102.ve32i1.388