Generiese merkers in die kortverhaalsiklus : Deel 1 : Teoretiese uitgangspunte
Loading...
Date
Authors
Botes, Nina
Cochrane, Neil
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
This article forms the first part of a twopart
study of the short story cycle in Afrikaans with
the main purpose being to investigate autonomy and coherence as generic markers in Die dag
toe ek my hare losgemaak het by Willemien Brümmer. This part focuses on theoretical issues
pertaining to the genre of the short story cycle, while the second part focuses on the generic
markers of Die dag toe ek my hare losgemaak het.
This article focuses first on the difference between short story cycles, unified volumes of short
stories and short story sequences in the Afrikaans literary tradition. Recently in the Afrikaans
tradition there has been an increase in the production of volumes of short stories that are
linked in some way, with texts such as Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) by
Willemien Brümmer, Alle paaie lei deur Die Strand (2008) by Corlia Fourie, Op reis met ’n
hond (2010) by Anna Kemp, Maal (2010) by Nicole Jaekel Strauss, In die mond van die wolf
(2010) by Paul C. Venter and Die sneeuslaper (2010) by Marlene van Niekerk. In Afrikaans
literary criticism shorter texts that are linked in some way and published in a single volume
are usually labelled “eenheidsbundels” (unified volumes). Older examples often mentioned by
critics include ’n Wêreld sonder grense (1984) by Alexander Strachan, Jaarringe (1966) by
Henriette Grové and Sewe‐en‐sewentig stories oor ’n clown (1985) by Fransi Phillips.
However, when we consider a few examples mentioned by critics, it appears that this is an
umbrella term used for a variety of texts displaying various degrees of coherence (of the
volume) and autonomy (of the individual short texts).
Hierdie artikel vorm die eerste deel van ’n tweedelige studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer. Die belangrikste eienskap van hierdie genre is die aanwesigheid van spanning tussen die korter, outonome tekste waaruit die siklus bestaan en die groter, koherente geheel van die bundel. In hierdie artikel, wat die teoretiese onderbou van die studie vorm, word eerstens aandag gegee aan die onderskeid tussen eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse. Tweedens word teoretiese genrekwessies rondom die kortverhaalsiklus breedvoerig aan die hand van die beskouings van Ingram (1971), Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en Nagel (2004) ondersoek om ’n bruikbare omskrywing van die kortverhaalsiklus daar te stel. Laastens word uitgebrei op ’n aantal koherensiemerkers wat volgens Dunn en Morris (1995) skakels tussen afsonderlike verhale in ’n kortverhaalsiklus kan bewerkstellig, naamlik ruimte, ’n enkele protagonis, ’n kollektiewe protagonis, tekstuele patrone en vertelling. Hierdie teoretiese beskouing word in die tweede deel van die studie (“Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: ’n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het van Willemien Brümmer”) aangewend in ’n ontleding van Die dag toe ek my hare losgemaak het om te bepaal hoe die generiese kodes van die kortverhaalsiklus in hierdie teks tot stand kom en wat die effek van die spanning tussen die outonome kortverhale en die groter siklus is. Gesamentlik poog hierdie twee artikels om ’n bydrae te lewer tot “’n beskrywing van en terminologie vir die genre in Afrikaans” (Snyman 2011) deur eerstens ’n kritiese oorsig van internasionale beskouings oor die kortverhaalsiklusgenre te bied en tweedens ’n toepassing daarvan aan die hand van ’n Afrikaanse voorbeeld te onderneem.

Description
Keywords
Short story cycle, Composite novel, Generic markers, Unified volume of short stories, Literary tradition, Saamgestelde roman, Outonomie, Koherensie, Generiese merkers, Eenheidsbundels, Koherensiemerkers, Kortverhaalsiklus
Sustainable Development Goals
Citation
Botes, N & Cochrane, N 2011, 'Generiese merkers in die kortverhaalsiklus : Deel 1 : Teoretiese uitgangspunte', LitNet Akademies, vol. 8, no. 2, pp. 112-151.