Voluntary surrender, repossession and reinstatement in terms of the National Credit Act 34 of 2005
Loading...
Date
Authors
Coetzee, Hermie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Verbruikersbeskerming, synde een van die vernaamse doelstellings van die Nasionale
Kredietwet 34 van 2005, is duidelik waarneembaar in vele bepalings van hierdie Wet. Dit is dus ook nie onverwags dat hierdie belangrike doelstelling ook op bestaande siviele skuldinvorderingsprosedures en verwante aangeleenthede ’n effek gehad het nie. In hierdie artikel word gepoog om die impak van die nuwe statutêr-voorgeskrewe prosedures ten aansien van vrywillige teruggawe, herinbesitneming en besitsherstel op bestaande sivielregtelike invorderingsprosedures in die besonder vas te stel. Daar word aangevoer dat die nuwe bepalings nie in die algemeen bestaande sivielprosesregtelike beginsels vervang nie, maar dit eerder uitbrei deur aan verbruikers bykomende regte te verleen. In beperkte gevalle vind daar egter wel afwykings van die algemene prosedures plaas waarvan die ingrypendste moontlik die impak op die omvang van die eis vir skadevergoeding is. Voormelde aspekte, die minimumbewerings wat in pleitstukke gemaak moet word asook die moontlikheid van interim beslaglegging van eiendom met die doel om dit veilig te bewaar en te beskerm hangende kansellasie van ’n kredietooreenkoms word derhalwe ondersoek.
Description
Keywords
Vrywillige teruggawe, Voluntary surrender, Herinbesitneming, Besitsherstel, Reinstatement, Nasionale Kredietwet 34 van 2005, National Credit Act 34 of 2005
Sustainable Development Goals
Citation
Coetzee, H 2010, 'Voluntary surrender, repossession and reinstatement in terms of the National Credit Act 34 of 2005', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 73, no. 4, pp. 569-588. [http://www.lexisnexis.co.za]