Recent Submissions

Item
The court’s power to appoint a liquidator in terms of section 163 of the Companies Act 71 of 2008
(Juta Law Journals, 2024) Swart, Willem Jacobus Christiaan; Boraine, A. (Andre), 1957-
In Berlein v Salisburg Landy (Pty) Ltd ((3330/20) 2023 ZAMPMBHC 52 (26 Sept 2023)) het die hof ’n likwidateur kragtens artikel 163(2)(b) van die Maatskappywet 71 van 2008 aangestel. Die beslissing word gekritiseer eerstens omdat regshulp kragtens artikel 163(2) toegestaan is sonder dat ’n aansoek op grond van artikel 163 voor die hof gedien het. ’n Hof het geen diskresie om regshulp kragtens artikel 163(2) uit te oefen alvorens die gronde in artikel 163(1) bewys is nie. Tweedens het die hof ten spyte van die wye diskresie wat dit ingevolge artikel 163(2) geniet, ’n likwidateur aangestel terwyl daar verskeie alternatiewe en meer gepaste vorms van regshulp tot die hof se beskikking was wat minder drastiese gevolge vir die maatskappy en ander belanghebbendes sou inhou. Die feite en beslissing in hierdie saak lig sekere probleme en potensiële probleme met betrekking tot die formulering van artikel 163(2)(b) van die wet toe. Artikel 163(2)(b) van die wet wat die hof magtig om ’n likwidateur aan te stel, word vergelyk met artikel 241(3)(b) van die Kanadese Corporations Act (RSC 1985 c C-44) en artikel 233(2) van die Australiese Corporations Act 2001. Die regsposisie in Engeland word ook oorweeg. Die gevolgtrekking word gemaak dat alhoewel die regshulp in die laasgenoemde bepalings in die Kanadese en Australiese reg oënskynlik soortgelyk is aan die regshulp wat in artikel 163(2)(b) vervat is, is daar belangrike verskille in die formulering daarvan. Die bewoording van artikel 163(2)(b) van die wet is boonop uit pas met ander bestaande Suid-Afrikaanse regsbeginsels en statutêre bepalings in die volgende opsig: In Suid-Afrika word ’n likwidateur aangestel deur die meester van die hooggeregshof en nie deur ’n hof nie. Kragtens artikel 163(2)(b) kan ’n likwidateur aangestel word wanneer dit vir die hof voorkom dat die betrokke maatskappy insolvent is. Die bewoording van hierdie artikel is problematies, aangesien die hof blykbaar nou die likwidasie van ’n maatskappy kan beveel sonder enige konkrete gronde of bewyse dat die maatskappy insolvent is. Daar word gevolglik geargumenteer dat die hof se vertolking van artikel 163(2)(b) foutief is aangesien die hof nagelaat het om artikel 163(2)(b) saam met die gronde vermeld in artikel 163 te lees. Die hof se bevinding dat blote bewerings van wanbestuur aanduidend is van ’n maatskappy se insolvensie wat ’n bevel kragtens artikel 163(2)(b) regverdig, word ook krities onder die loep geneem. Die outeurs beveel enkele wysigings tot artikel 163(2)(b) aan.
Item
The derivative action and a member's authority to represent a close corporation in terms of section 54 of the Close Corporations Act 69 of 1984 - Naidoo v Dube Tradeport Corp 2022 3 SA 390 (SCA)
(LexisNexis, 2022-11) Swart, Willem Jacobus Christiaan
Die afgeleide aksie en 'n lid se bevoegdheid om 'n beslote korporasie kragtens artikel 54 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 te verteenwoordig In Naidoo v Dube Tradeport Corp 2022 3 SA 390 (SCA) moes die hof beslis oor 'n eksepsie wat aangeteken is teen 'n besonderhede van vordering waarin die tersydestelling van die verkoop en oordrag van onroerende eiendom deur 'n beslote korporasie (as verkoper) aan die koper geeis is. Die beslote korporasie is tydens die transaksie deur die korporasie se enigste lid verteenwoordig. Volgens die besonderhede van vordering was die lid van die korporasie nie gemagtig om die verkoopskontrak aan te gaan nie, omdat die lid slegs genomineer was om die ledebelang te hou namens die voordelige houer. Een van die aspekte waaroor die Hoogste Hof van Appel moes beslis, was of die voordelige houer op grond van die gemeenregtelike afgeleide aksie (soos bevestig in Foss v Harbottle (1843) 2 Hare 461; 67 ER 189) 'n aksie namens die beslote korporasie teen die koper en die genomineerde houer van die ledebelang kon instel. Die lid se beweerde gebrek aan magtiging is deur die koper op grond van artikel 54 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 ("die Wet") betwis. Die Hoogste Hof van Appel het beslis dat die beginsels in Foss op beslote korporasies van toepassing is. Verder is beslis dat die koper, op grond van sy kennis van die dispuut tussen die genomineerde houer en die voordelige houer van die ledebelang, nie op artikel 54 kon steun nie. In hierdie bespreking word die hof se interpretasie van artikel 54 in die konteks van die interne en eksterne verhoudinge van 'n beslote korporasie beoordeel. Ek neem ook die regsverhouding tussen die beslote korporasie en die genomineerde houer en voordelige houer van 'n ledebelang in oenskou. Ek kritiseer die hof se verwysing en toepassing van die leerstuk van toegerekende kennis in die konteks van artikel 54 op grond van die bepalings in die Wet en regspraak wat beslis het dat die kennisleerstuk nie op gewone persoonlike of vorderingsregte van toepassing is nie.
Item
Voluntary business rescue proceedings : to initiate, to begin, or to commence liquidation proceedings - is there a difference?
(LexisNexis, 2022-02) Swart, Willem Jacobus Christiaan
Ondernemingsreddingsverrigtinge kan begin word deur 'n hofbevel of 'n besluit van die direksie. Artikel 129(2)(a) van die Wet op Maatskappye verbied egter 'n direksie om 'n maatskappy onder ondernemingsredding te plaas indien daar reeds stappe geneem is om die maatskappy in likwidasie te plaas. Omdat artikel 129(2)(a) verwys na likwidasie-verrigtinge wat teen die maatskappy "initiated" is, ontstaan die vraag of die term "initiated" dieselfde betekenis het as "commenced". Beide die howe in Mouton v Park 2000 Development 11 (Pty) Ltd 2019 6 SA 105 (WCC) en Tjeka Training Matters (Pty) Ltd v KPPM Construction (Pty) Ltd 2019 6 SA 185 (GJ) het die betekenis van "initiated" en "commenced" oorweeg. Volgens hierdie twee uitsprake verwys "initiated" na stappe wat geneem word voordat 'n formele regsproses begin. "Commenced" verwys dan na die formele aanvang van 'n regsproses. In hierdie aantekening word die betekenis van hierdie begrippe aan die hand van regspraak ondersoek. Die praktiese probleme veroorsaak deur die howe se verskillende benaderings tot die interpretasie van hierdie begrippe word ook uitgelig.
Item
Announcing the invasions newsletter
(Springer, 2025-06) Novoa, Ana; Canavan, Susan; Faulkner, Katelyn T.; Genovesi, Piero; Lieurance, Deah; Simberloff, Dan; Wang, Hsiao-Hsuan; Zengeya, Tsungai; Meyerson, Laura A.
No abstract available.
Item
Informal entrepreneurship in the tourism sector : how entrepreneurs’ motives and capital contribute to business success
(Sage, 2025) Fourie, Alicia; Saayman, Andrea; Blaauw, Derick; FourieA@gibs.co.za
Informal entrepreneurship is woven into the economic fabric of South Africa’s tourism sector. Some people are ‘pushed’ into the sector by a lack of opportunities in the formal economy; others are ‘pulled’ into the informal sector by the prospect of better livelihoods, independence and personal fulfilment. Starting any business requires different types of capital (financial, social, human and psychological). While many studies have explored these aspects in relation to entrepreneurs/firms in the formal sector, how they impact the informal sector is less well understood. In this study, we examined the relationships between informal entrepreneurs’ motives, the different forms of capital available to them, and business success. Data were collected through structured questionnaires in three major South African cities. Multivariate statistics and quantile regression analysis revealed synergies between capital types and entrepreneurial motives, highlighting that success reflects not only the availability of capital but also the effective strategic utilisation of resources.