The derivative action and a member's authority to represent a close corporation in terms of section 54 of the Close Corporations Act 69 of 1984 - Naidoo v Dube Tradeport Corp 2022 3 SA 390 (SCA)
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Die afgeleide aksie en 'n lid se bevoegdheid om 'n beslote korporasie kragtens artikel 54 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 te verteenwoordig In Naidoo v Dube Tradeport Corp 2022 3 SA 390 (SCA) moes die hof beslis oor 'n eksepsie wat aangeteken is teen 'n besonderhede van vordering waarin die tersydestelling van die verkoop en oordrag van onroerende eiendom deur 'n beslote korporasie (as verkoper) aan die koper geeis is. Die beslote korporasie is tydens die transaksie deur die korporasie se enigste lid verteenwoordig. Volgens die besonderhede van vordering was die lid van die korporasie nie gemagtig om die verkoopskontrak aan te gaan nie, omdat die lid slegs genomineer was om die ledebelang te hou namens die voordelige houer. Een van die aspekte waaroor die Hoogste Hof van Appel moes beslis, was of die voordelige houer op grond van die gemeenregtelike afgeleide aksie (soos bevestig in Foss v Harbottle (1843) 2 Hare 461; 67 ER 189) 'n aksie namens die beslote korporasie teen die koper en die genomineerde houer van die ledebelang kon instel. Die lid se beweerde gebrek aan magtiging is deur die koper op grond van artikel 54 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 ("die Wet") betwis. Die Hoogste Hof van Appel het beslis dat die beginsels in Foss op beslote korporasies van toepassing is. Verder is beslis dat die koper, op grond van sy kennis van die dispuut tussen die genomineerde houer en die voordelige houer van die ledebelang, nie op artikel 54 kon steun nie. In hierdie bespreking word die hof se interpretasie van artikel 54 in die konteks van die interne en eksterne verhoudinge van 'n beslote korporasie beoordeel. Ek neem ook die regsverhouding tussen die beslote korporasie en die genomineerde houer en voordelige houer van 'n ledebelang in oenskou. Ek kritiseer die hof se verwysing en toepassing van die leerstuk van toegerekende kennis in die konteks van artikel 54 op grond van die bepalings in die Wet en regspraak wat beslis het dat die kennisleerstuk nie op gewone persoonlike of vorderingsregte van toepassing is nie.
Description
Keywords
Derivative action, Member's authority, Close corporation, Close Corporations Act 69 of 1984, Section 54, Afgeleide aksie, Lid se bevoegdheid, Beslote korporasie, Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984, Artikel 54
Sustainable Development Goals
SDG-16: Peace,justice and strong institutions
Citation
Swart, W.J.C. 2022, 'The derivative action and a member's authority to represent a close corporation in terms of section 54 of the Close Corporations Act 69 of 1984 - Naidoo v Dube Tradeport Corp 2022 3 SA 390 (SCA)', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 85, no. 4, pp. 564-575.