Gravett, W.H. (Willem)2021-11-182021-11-182020-08Gravett, W. 2020, 'The influence of technology on the learning styles of millennial law students', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 83, pp. 342-357.1682-4490http://hdl.handle.net/2263/82738Een van die mees algemene verklarings vir die groot generasiegaping tussen milleniers en vorige generasies is die tegnologiese rewolusie, wat 'n paradigmatiese verskuiwing teweeg gebring het in die wyse waarop inligting verkry en sorteer word. Milleniers se passie vir, en hulle vlotheid met tegnologie is waarskynlik die belangrikste verteenwoordigende eienskap van hierdie generasie - "dit is in hul DNS om na skerms te kyk". Milleniers se tegnologiese uitsonderlikheid le nie net in hulle vaardigheid met elektroniese toestelle nie, maar ook in die manier waarop hulle sosiale lewens daarin versmelt geraak het. Teen die tyd dat milleniers op universiteitskampusse aankom het hulle digitale toestelle 'n uitbreiding van hulself geword - onontbeerlike sosiale bykomstighede. Milleniers betaal egter 'n duur prys vir hulle digitale voorkeure. Die bydrae ondersoek die maniere waarop rekenaars en selfone - en die konstante stroom van stimuli wat hierdie toestelle bied - 'n nuwe en diepgaande uitdaging daarstel vir studente se vermo8 om te fokus en te leer. Daarna word die leerstyl van millenier-regstudente ontleed, en maak hierde bydrae beskeie voorstelle aan regsdosente om hul studente se leerstyl te herken, en om regsopleiding te bied wat lei tot die ontwikkeling van bekwame regsgeleerdes.enLexisNexisInfluenceTechnologyLearning styleInvloedTegnologieLeerstyleThe influence of technology on the learning styles of millennial law studentsInvloed van tegnologie op die leerstyle van millenier-regstudenteArticle