Coetzee, Petrus Jacobus2026-03-102026-03-102026-031994-10http://hdl.handle.net/2263/108855Mini Dissertation (BArchitecture)--University of Pretoria, 1994.Tans staan die hele land in die teken van herkonstruksie en ontwikkeling, en kan die rol van inligting, veral aan onderontwikkelde gemeenskappe nie misken word nie. Metodes moet gevind word om die regte inligting op die regte manier te besorg aan diegene wat daaraan 'n behoefte bet. In hierdie studie word gepoog om 'n infrastruktuur te ontwerp waar toepaslike inligting herverpak kan word vir beskikbaarstelling aan veral die laer sosio-ekonomiese en grootliks ongeletterde deel van die bevolking. Die studie vind plaas binne die raamwerk van die veronderstelling dat die bestaanswereld saamgestel is uit 'n aantal interafhanklike en oorvleuelende stelsels. Die probleem sal ondersoek word binne die raamwerk van enkele oorvleulende stelsels en daar sal gepoog word om 'n oplossing te vind binne die konteks van die spesifieke ekosisteem wat deur die stelsels gevorm word. Die oogpunt waaruit die studie benader word, is akademies tydgeestelik. Die probleem en probleemveld word beskry( waarna 'n raamwerk van aannames en parameters opgestel word, waarbinne gepoog word om die probleem eers teoreties en dan in die vorm van 'n gedokumenteerde ontwerp, meer konkreet op te los. Die term toepaslikheid in terme van terreinkeuse, ontwikkelingstegnologie, gemeenskapsinligting en inligtingstegnologie, sa1 deurgaans as maatstaf toegepas word. Ook die ontwerpresultaat sal beoordeel word in terme van toepaslikheid. Daar is deurgaans gepoog. om die probleem en die oplossing daruvan so naby as moontlik aan die werklikheid te hou. Die studie bied die geleentbeid om ontwikkelingsbeboeftes inĀ· die algemeen, asook 'n toepaslike stedelike argitektuur, te ondersoek.AfrikaansUniversity of PretoriaUCTD'n Sentrum vir OntwikkelingstegnologieMini Dissertation