Van Niekerk, Jacomien (Jacomina)Van der Merwe, Mart-Mari2020-04-072020-04-072020-03Van Niekerk, J. & Van der Merwe, M.M. 2020, 'Die triomf van die silwerdoek: Christiaan Olwagen se filmverwerking van Die seemeeu', Tydskrif vir Geesteswetenskappe, vol. 60, no. 8, pp. 108-123.0041-475110.17159/2224-7912/2020/v60n1a8http://hdl.handle.net/2263/74068Hierdie artikel ontleed enkele aspekte van Christiaan Olwagen se 2018-filmverwerking van Anton Tsjekow se drama Die seemeeu. In hierdie verwerking is die gegewe van die oorspronklike dramateks verplaas na die vroeë negentigerjare van die twintigste eeu in Suid-Afrika, ’n tydperk van ommekeer vir die Afrikaanse teaterbedryf. Olwagen se verwerking beeld die noodsaak vir hierdie verandering uit, maar lewer ook kommentaar op die kuns van verwerking (“adaptation”) en die huidige stand van die Afrikaanse drama- en filmwêreld. Dit span doelbewus simboliek en stereotipes in wat deur sommige Tsjekow-kenners verwerp sou word met die doel om aan die vereistes van die gehoor, spesifiek die filmkyker, te voldoen. Daar word aangetoon dat ofskoon Die seemeeu ’n verwerking is, dit vormlik en tematies aansluit by die ander films in Olwagen (’n moontlike auteur-regisseur-in-wording) se oeuvre.AfrikaansSuid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap & KunsAnton TsjekowDie seemeeuChristiaan OlwagenVerwerkingFilmOuteurDramaGehoorSimboliekStereotipesSubjektiwiteit van die verwerkerHumanities articles SDG-04SDG-04: Quality educationTriomf van die silwerdoek : Christiaan Olwagen se filmverwerking van Die seemeeuThe triumph of the silver screen : Christiaan Olwagen’s film adaptation of The SeagullArticle