Marais, Renee2014-08-142014-08-141994Marais, R 1994, 'Dieretuin in die poësie', Ensovoort, vol. 6, no. 1, pp. 22-29.0257-2036http://hdl.handle.net/2263/41269Sedert die vroegste tye neem diere 'n belangrike plek in die letterkunde in. 'n Mens dink dadelik aan die klassieke Fabels van die Griek Esopus, wat vermoedelik in die sesde eeu v.C. as slaaf op die eiland Samos aan die kus van Turkye geleef het. Daar word aanvaar dat die oudste optekening van Esopus se Fabels waarskynlik in 300 v.C. deur Demetrius van Phalermon onderneem is (Magill, 1982: 602). Ten spyte van die feit dat hulle aan Esopus toegedig word, kan die inhoud van sekere dierefabels egter "tot by vroee Indiese vertellers of selfs tot by die Egiptiese digters van die veertiende eeu voor Christus" teruggevoer word (Magill, 1982: 603).enEnsovoort SocietyAfrikaanse poësieAfrikaanse digtersDiereDieretuin in die poësieArticle