Pieterse, Henning Jonathan, 1960-2014-02-112014-02-112013-09-052012Van der Walt, BF 2012, Hoopvol en fiksie vir jong volwassenes (FJV) as selfstandige genre binne die Afrikaanse letterkunde, MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/33366>E13/9/1066/gmhttp://hdl.handle.net/2263/33366Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2012.Hierdie mini-verhandeling ondersoek die ontwikkeling van die ouer jeugboek in Afrikaans, sedert die politieke veranderinge in die negentigerjare. Daar word aangetoon dat die einde van Apartheid die einde van die veilige voorskryfmark vir die Afrikaanse jeugboek beteken het. Daar word ook aangetoon dat die ontwikkeling en die geskiedenis van die Afrikaanse kinder- en jeugboek hand aan hand met die ontwikkeling van die Afrikaner se politieke geskiedenis geloop het. Daar was 'n verdieping en ontwikkeling in die ouer jeugboek in Afrikaans sedert 1994, waarvan nog nie formeel kennis geneem word nie. Dié boeke word nog gemaklik in die kinder- en jeugboekkategorie ingedeel, waar baie van hulle nie sonder meer tuishoort nie. Volwassenelesers neem gewoonlik net van hulle kennis as hierdie boeke publisiteit weens "omstrede" kwessies ontvang of in ander media soos rolprente verwerk word. Daar is aangetoon dat die formele klassifikasie van die ouer jeugboek baie van hierdie boeke van die erkenning en verkoopsyfers wat hulle verdien, weerhou. Daar is gevolglik steeds 'n gebrekkige belangstelling vanuit akademiese geledere in die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur. Ander redes wat die ontwikkeling van die ouer jeugboek in Afrikaans belemmer, soos die invloed van indirekte sensuur op skrywers en die konserwatiewe kriteria wat deur voorskryfkomitees vir die Afrikaanse voorgeskrewe boek neergelê word, word uitgewys. Verder word Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers eers as "ware" skrywers beskou sodra hulle 'n boek vir volwassenes geskryf het. Die studie ondersoek voorts die Amerikaanse "young adult" (YA)-genre en daar word aangetoon aan die hand van 'n ontleding van vyf Afrikaanse jeugromans dat hulle gemaklik in só 'n genre tuishoort, naamlik fiksie vir jong volwassenes (FJV). Die voordele van FJV vir ouer kinders word uitgewys en daar word aangetoon dat hierdie boeke anders bemark moet word en 'n ander staanplek op boekwinkel- en biblioteekrakke verdien. Hulle hoort nie tussen die prenteboeke vir kleuters nie.Afrikaans© 2012 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.LiteratuurGenreKinderliteratuurJeugliteratuurFiksie vir jong volwassenes (FJV)OorkruisliteratuurNoulettende leesVoorgeskrewe werkFiksie-elementeOntwikkelingsfasesUCTDHoopvol en fiksie vir jong volwassenes (FJV) as selfstandige genre binne die Afrikaanse letterkundeDissertation