Malan, Jacobus J. (Koos)2013-02-112013-02-112012Malan, K 2012, 'The rule of law versus decisionism in the South African constitutional discourse', De Jure, vol. 45, no. 2, pp. 272-305.1466-3597http://hdl.handle.net/2263/21003Die heerskappy van die reg (rule of law) is een van die grondliggende waardes van die Suid-Afrikaanse grondwetlike orde. Saam met ’n aantal ander waardes wat in artikel 1 van die Grondwet van die Republiek van Suid- Afrika van 1996 vervat is, omskryf dit die eenstemmige waardekompleks waarop die huidige grondwetlike orde berus. Hierdie bydrae ontleed onlangse gebeure in die Suid-Afrikaanse grondwetlike diskoers, meer bepaald: (1) die omstredenheid rondom die Regterlike Dienskommissie se hantering van die klagtes van die regters van die Konstitusionele Hof teen regterpresident John Hlophe en (2) die president se verlenging van die ampstermyn van die vorige hoofregter kragtens ’n ongrondwetlike wetsbepaling. Daar word geargumenteer dat die omstredenheid te wyte is aan twee onversoenbare denkbeelde oor die heerskappy van die reg. Die een is die klassieke konsep van oppergesag van die reg, wat op die beginsel van legaliteit gegrond is, en die ander, hier desisionisme genoem, is gegrond op ’n “norm” van die “beste” besluit in die omstandighede. Hierdie diepliggende verskil spruit voort uit twee uiteenlopende (regs)kulture. Die een het ’n skriftuurlike grondslag en is geanker in ’n soewereine corpus van reg teenoor die ander een wat mondeling en teenswoordig-gesentreerd is en wat nie met die idee van ’n soewereine corpus van reg soos dit eeue lank in veral die Westerse regskultuur bestaan, bekend is nie.enPretoria University Law Press (PULP)Heerskappy van die regDecisionismDesisionismeSouth African constitutional discourseSuid-Afrikaanse grondwetlike ordeRule of law -- South AfricaJudicial discretion -- South AfricaLaw -- South Africa -- Interpretation and constructionConstitutional law -- South AfricaCulture and lawThe rule of law versus decisionism in the South African constitutional discourseHeerskappy van die reg teenoor desisionisme in die Suid-Afrikaanse grondwetlike diskoersArticle