Van Wyk, G.M.J. (Gafie)2018-09-072018-09-072017Van Wyk, G.M.J., 2017, ‘Usus politus evangelii’, in ‘Nadenke oor 500 jaar se Reformatoriese teologie’, HTS Theological Studies/Teologiese Studies, suppl. 11, 73(5), a4209. https://DOI.org/10.4102/hts.v73i5.4209.0259-9422 (print)2072-8050 (online)10.4102/hts.v73i5.4209http://hdl.handle.net/2263/66475Gerhard Ebeling het die formule ‘usus politicus evangelii’ [die politieke gebruik van die evangelie] geskep om die huidige kommer oor die politieke effektiwiteit van die evangelie aan te dui. Daar bestaan ’n radikale meningsverskil tussen Jürgen Moltmann en homself oor die onderwerp wat vir bespreking op die tafel kom met die gebruik van hierdie formule. Met betrekking tot die tema is daar ’n werklike status controversiae tussen twee toonaangewende teoloë op die spel. Vir beide die teoloë vorm begrip van die funksie en inhoud van die evangelie van Jesus Christus die fokuspunt van hul benadering tot die tema. Op die vooraand van die 500ste viering van die Reformasie, is die hantering van die tema ’n streng toets wat bepaal of ons werklike oplossings het vir die kwynende relevansie van die Reformatoriese teologie in die huidige burgerlike samelewings. Wat mense van die politiek kan verwag en hoe die gebruik en misbruik van die evangelie moontlik kan bydra tot dié verwagtinge, is nie hier op die tafel nie. Die vraag wat hier bespreek word, is hoe God se evangelie in ons tyd die mens as homo politicus aanspreek. Binne die Suid-Afrikaanse konteks mag die kerk nie deelneem aan die instrumentalisering van die evangelie vir politieke gewin nie. Die doel van hierdie artikel is om, met die teologiese posisies van Ebeling en Moltmann as uitgangspunt, die vraag te beantwoord oor wat die relevante kriteria vir teologiese uitsprake oor die politiek is, maar nou binne ’n totaal ander situasie as die een waarin die twee Duitsers gewoon het gedurende die 1980s.Afrikaans© 2017. The Authors. Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.Jesus ChristusGerhard Ebeling (1912-2001)Usus politicus evangeliiPolitieke effektiwiteit van die evangelieJurgen Moltmann (1926- )Usus politicus evangeliiArticle