Dube, F.Ncube, Princess Thembelihle2022-11-282022-11-282021Dube, F. & Ncube, P. 2021, 'Common law and statutory rights of residential tenants during the lockdown in South Africa', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 84, no. 2, pp. 165-179.1682-4490https://repository.up.ac.za/handle/2263/88487Die COVID-19-pandemie het regoor die wereld ekonomiese verwoesting gesaai. In baie stede staar residensiele huurders, wat hulle werke as gevolg van die ekonomiese slagting verloor het, haweloosheid in die gesig. Sodanige huurders ervaar finansi61e nood en 'n gevolglike onvermo6 om huur te betaal. Hierdie toedrag van sake het die Suid-Afrikaanse regering genoop om 'n moratorium op uitsettings te plaas deur regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuurs 57 van 2002 (die "Grendelstaatregulasies") uit te vaardig. Sodanige regulasies beperk egter vryheid van beweging en maak dit vir sommige residensiele huurders onmoontlik om voordeel uit die okkupasie van huurpersele te trek, aangesien hulle in ander provinsies of selfs oorsee vasgekeer is of was. Die eerste deel van hierdie artikel ondersoek die gemeenregtelike regte van residensiele huurders wat weens die reisbeperkinge wat deur die Grendelstaatregulasies opgele is, nie die volle genot van gehuurde eiendomme in stede kan (of kon) geniet nie. Dit analiseer die pandemie as 'n skielike, onvoorsiene en onvermydelike natnurlike gebeurtenis wat aan die elemente van die definisie van vis major voldoen. Met did doel voor o6, bespreek hierdie bydrae die reg van residensiele huurders om ingevolge die gemenereg die verweer van vis major te gebruik om kwytskelding of vermindering van huur te eis. Die tweede deel van die artikel ondersoek die beskerming van residensiele huurders teen swak behandeling deur verhuurders en teen uitsettings tydens die grendelstaat.enLexisNexisCommon lawStatutory rightsGemeenregtelikeStatutere regteSouth Africa (SA)Suid-Afrika (SA)Law articles SDG-01Law articles SDG-11Law articles SDG-16Common law and statutory rights of residential tenants during the lockdown in South AfricaGemeenregtelike en statutere regte van residensiele huurders gedurende die inperking in Suid-AfrikaArticle