Van Jaarsveld, S.R. (Fanie)2014-08-012014-08-012014Van Jaarsveld, F 2014, 'Die reg op kollektiewe bedinging : belangrike verwikkelinge', Obiter, vol. 35, no. 1, pp. 108-125.1682-5853http://hdl.handle.net/2263/41049Ongeveer honderd en vyftig jaar gelede is die volgende, treffende en besonder toepaslike woorde in die klassieke werk van Mary Elizabeth Braddon vervat: "There can be no reconciliation where there is no open warfare. There must be a battle, a brave, boisterous battle ... before there can be peaceful treaties and enthusiastic shaking of hands" (Braddon Lady Audley's Secret (1862) 250 (Wirago Modern Classics 1985 uitg). Hierdie omstrede en uiters aktuele onderwerp van die reg op kollektiewe bedinging (sien ook a 23(5) van die Grondwet van 1996) het alreeds oor die afgelope dekade baie aandag van die howe en skrywers geniet het - veral in die lig van verskeie gebeure gedurende die onmiddellike verlede. Die afgelope aantal jare het die SA Weermag gesukkel met die hantering van soldate op arbeidsverhoudinge-vlak - soos wat verskeie protesaksies, stakingsoptredes van soldate, onderlinge lastereise teen mekaar en die onlangse Wysigingswet op Verdediging van 2011 onteenseglik laat blyk het (teen hierdie agtergrond en in hierdie konteks moet die Wysigingswet op Verdediging van 2011 dan ook verstaan word). Eweneens het ontwrigtende stakingsoptrede gedurende die tweede helfte van 2012 in die mynbousektor en die Wes-Kaapse landboubedryf duidelik getuig dat arbeidswetgewing tekort geskiet het om die onderhawige probleme sinvol te hanteer of te voorkom het.AfrikaansFaculty of Law, University of Port ElizabethRegsposisieInterim en finale grondwetteKollektiewe bedingingWet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995Konstitusionele HofReg op kollektiewe bedinging : belangrike verwikkelingeArticle