Pretorius, F. (Fransjohan)2016-02-292016-02-292015Pretorius, F 2015, 'Historisiteit en historiese fiksie - 'n repliek', Tydskrif vir Letterkunde, vol. 52. no. 2, pp. 99-101.0041-476X (print)2309-9070 (online)10.4314/tvl.v52i2.7http://hdl.handle.net/2263/51588In sy respons op my artikel “Die historisiteit van resente Afrikaanse historiese fiksie oor die Anglo-Boereoorlog” in Tydskrif vir letterkunde gee Willie Burger indrukwekkende verwysings na die teorie van historiese fiksie. Ongelukkig bied die literatore wat hy aanhaal slegs ’n letterkundige perspektief. Hulle neem nie die historikus se hoek in ag nie. Volgens Burger (92–3) verwys Milan Kundera na twee soorte historiese fiksie. Die een ondersoek die historiese dimensie van die mens en die ander maak van ’n historiese situasie ’n romantiese verhaal. Laasgenoemde is nie vir Kundera werklik ’n roman nie, want dit bring geen verandering aan ons verstaan van die mens nie—dis fiksie wat bloot die geskiedenis op ’n romanmatige wyse weergee. Vir hom is die taak van die letterkunde nie om geskiedskrywing te wees nie, maar om die ongekaarte terrein van ons bestaan te ondersoek.AfrikaansTydskrif vir Letterkunde AssosiasieHistorisiteit van resenteAfrikaanse historiese fiksieAnglo-BoereoorlogHistoriese fiksieHistorisiteit en historiese fiksie - 'n repliekArticle