Van Jaarsveld, S.R. (Fanie)2008-08-042008-08-042008Van Jaarsveld, F 2008, 'Arbeidsregtelike perspektief op die lotgevalle van fluitjieblasers', Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 2, pp. 324-329. [http://www.jutalaw.co.za/catalogue/itemdisplay.jsp?item_id=3648 ]0257-7747http://hdl.handle.net/2263/6447Die wel en wee van Mike Tshishonga in die departement van justisie oor 'n tydperk van tien jaar is arbeidsregtelik insiggewend maar neerdrukkend - veral die kulminasie daarvan in sy ontslag as adjunk-direkteur-generaal en hoof van die meesterskantoor, gedurende 2004. Die hof moes uitsluitsel gee oor pertinente vraagstukke in verband met die betekenis en toepassing van beskermde openbaarmakings in die staatsdiens - in 'n situasie waar die staatsadministratiewe wiele totaal afgeval het en toepaslike administratiewe- en regsprosedures verontagsaam en verkrag is asof dit die kontemporêre metodiek van dinge doen is. Die verontagsaming van hofbevele deur senior amptenare van die departement van justisie (sic!) en die feit dat van die hoofrolspelers in die aangeleentheid ondanks die uitsprake van die hof steeds nuusmakers in invloedryke poste binne die vervolgingsgesag gebly het, laat waarnemers met 'n gevoel van totale ongeloof en 'n sielsontwrigtende neerslagtigheid.233494 bytesapplication/pdfAfrikaansJuta LawBeskermde openbaarmakingsWhistle blowing--Law and legislationArbeidsregtelike perspektief op die lotgevalle van fluitjieblasersArticle