Van Jaarsveld, S.R. (Fanie)2010-03-022010-03-022009Van Jaarsveld, SR 2009, 'Arbeidsregtelike perspektief op die ongure kontrak van "Kylie"', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, Vol. 72, no. 3, pp. 461-465 [www.lexisnexis.co.za]1682-4490http://hdl.handle.net/2263/13286Die wel en weë van dienskontrakte van “openbare verkoopvrouens” (statutêr beter bekend as prostitute) het die afgelope twee jaar in Kylie v Commissioner for Conciliation Mediation & Arbitration 2007 ILJ 470 (KVBA), 2008 ILJ 1918 (AH) onder die loep gekom. Veral die arbeidsregtelike aard van hierdie tipe dienskontrakte het uiteenlopende menings en reaksies ontlok, veral omdat die konsekwente toepassing van tersaaklike billikheidsoorwegings in gedrang gekom het. Die onderhawige dispuut het oorspronklik voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (hierna die KVBA) gedien waar dit aan ’n goedberedeneerde oorweging onderwerp is. Uiteindelik is die saak op hersiening na die Arbeidshof geneem – waar de novo weer op die meriete van al die onderskeie argumente en oorwegings ingegaan is – en op ’n insiggewende wyse besleg wat ook deur verskeie momente van omstredenheid gekenmerk word.enLexisNexisSekswerkersDienskontrakteProstitutes -- Legal status, laws, etc -- South AfricaLabor contract -- South AfricaArbeidsregtelike perspektief op die ongure kontrak van "Kylie"Article