Louw, A.S. (Anna Sophia)2019-05-302019-05-302018Louw, A.S. 2018, 'Considering the continued viability of adoption as a form of substitute parental care for children', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 81, pp. 26-47.1682-4490http://hdl.handle.net/2263/69236This article is published with permission from Juta and is a shortened adaptation of a chapter to be included in the forthcoming second edition of Boezaart (ed) Child law in South Africa.Aanneming word oor die algemeen beskou as die voordeligste en mees koste-effektiewe maatreël vir sorgbehoewende kinders. Nie alleen voorsien dit vir die aangenome kind substituut ouerlike sorg op permanente grondslag nie, maar plaas dit ook die kind juridies in dieselfde posisie as natuurlike kind van die aannemende ouers. Ondanks al hierdie voordele is daar kommerwekkende onderbenutting van aanneming as alternatief vir kinders wat behoefte het aan plaasvervangende ouerlike sorg. Die invoering van die Kinderwet en strategie om aanneming aan te moedig het dus duidelik nie die gewenste resultate opgelewer nie. Die artikel ondersoek die wyses waarop die bepalings in die Kinderwet bedoel was om aanneming te fasiliteer. Daarbenewens word die howe se uitleg van die relevante artikels, die nuwe probleme wat geïdentifiseer is en die wysigings vir insluiting in die voorgestelde wysigingswet ook aangespreek en uitgewys. Redes vir die onderbenutting van aanneming en ander moontlikhede om standvastigheid te bied vir kinders vir wie aanneming nie moontlikheid is nie, word ondersoek. Uiteindelik word uitgewys dat alhoewel aanneming steeds die voordeligste vir sekere kinders sal wees, bykomende opsies geskep moet word om die unieke uitdagings van sorgbehoewende kinders in Suid-Afrika aan te spreek.enLexisNexisAdoptionCareChildrenAannemingSorgKindersConsidering the continued viability of adoption as a form of substitute parental care for childrenOorweging van die voortgesette lewensvatbaarheid van aanneming as 'n vorm van plaasvervangende ouerlike sorg vir kindersArticle