Boezaart, C.J. (Trynie)2012-01-112012-01-112011Boezaart, T 2011, 'The Children's Act : a valuable tool in realising the rights of children with disabilities', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 74, no. 2, pp. 264-279.1682-4490http://hdl.handle.net/2263/17742Statistiek in verband met kinders met gestremdhede is verdoemend. In die ontwikkelende wêreld woon 98% van hierdie kinders nie skool by nie en 30% van die wêreld se straatkinders het een of ander gestremdheid. In hierdie bydrae word aangetoon dat die Kinderwet 38 van 2005 ver gaan om ’n statutêre raamwerk te skep ten einde kinders met gestremdhede se grondwetlike regte te verwesenlik. Die Suid-Afrikaanse Regskommissie (soos dit toe geheet het) het vanuit die staanspoor ten doel gehad om in die nuwe Kinderwet veral vir kinders in besonder moeilike omstandighede, soos kinders met gestremdhede of kroniese siekte, voorsiening te maak. Hierdie doel word verwesenlik in die talle bepalings van die Wet wat vir omvattende strategieë voorsiening maak om onder andere ook kinders met gestremdhede in verskillende omstandighede en fasiliteite te akkommodeer. In vergelyking met ander lande op die kontinent, is die Suid-Afrikaanse wet toonaangewend. Die grootste uitdaging is om die teorie nou in werklikheid te omskep sodat daar vir kinders met gestemdhede fasiliteite geskep word om onder andere vir vroeë kinderjare-ontwikkeling, gedeeltelike sorg, voorkoming en vroeë ingryping en kinder- en jeugsorgsentrums voorsiening te maak.enLexisNexis. This article is embargoed by the publisher until June 2012.Children’s ActKinderwetRegte van kinders met gestremdhedeChildren with disabilities -- Legal status, laws, etc. -- South AfricaChildren with disabilities -- Services for -- South AfricaChildren's rights -- South AfricaThe Children’s act : a valuable tool in realising the rights of children with disabilitiesDie Kinderwet : ’n waardevolle instrument om kinders met gestremdhede se regte te verwesenlikArticle