fswane0510@gmail.comSwanepoel, Freek2026-04-152026-04-152026-042026-04978-0-6399599-1-7http://hdl.handle.net/2263/109583Die aanbreek van die nuwe demokrasie het aan die begin van 1994 onafwendbaar naderbeweeg. Daar was geen omdraaikans nie. Die eerste ervaring sou 27 April wees, die eerste demokratiese verkiesing in die RSA. Vir die NGK was dit belangrik om met sy lidmate te praat oor hulle verantwoordelikheid om as landsburgers deel te neem aan die verkiesing. Die erns van die saak het daartoe gelei dat baie lidmate spontaan gebedsgroepe gevorm het omdat die vlakke van geweld in die land hoog was. Daar was ’n begeerte by baie gelowiges om die proses positief te beleef. Vele lidmate het immers besef dat stemreg ’n basiese reg van alle burgers van die land is. Daar was steeds ook die onsekere rol van regse groepe wat die verkiesing kon ontwrig. Vele het dit gesien as oorgawe aan die ander rasse in die land en dat daar groot ontwrigting in die land sou kom. Hulle het kosvoorrade aangekoop en ekstra aandag aan beveiliging gegee. Vir ander was dit ’n teken dat die wederkoms naby is.This item has 174 pagesAfrikaansCopyright © 2021 Freek SwanepoelLidmateTreeDemokrasie1994LandsburgersDie eerste treeBook