North, Ernest J.Kotze, Theuns G.2008-02-152008-02-152001North, EJ. & Kotze, TG 2001, 'Parents and television advertisements as consumer socialisation agents for adolescents: an exploratory study', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, vol. 29, pp. 91-99. [http://www.up.ac.za/saafecs/]0378-5254http://hdl.handle.net/2263/4492Weinig navorsing oor die rol en invloed van sosialiseringsagente op die verbruikersgedrag van kinders is tot op hede in Suid Afrika onderneem. Alhoewel bemarkers bewus is van die potensiële koopkrag van kinders en veral wat hul invloed op verbruikersbesluitneming in die gesin is, blyk dit dat hulle nog nie die jeugmark as 'n volwaardige mark beskou wat navorsing regverdig nie. Die doel van hierdie artikel is om die bevindinge van 'n empiriese ondersoek oor die rol wat ouers en televisie-advertensies in die verbruikersosialisering van kinders speel, weer te gee. Die gebrek aan plaaslike navorsing op hierdie terrein het 'n uitgebreide literatuurstudie vereis wat as teoretiese fundering kon dien om die aard en prosesse van die verbruikersosialisering van kinders te beskryf. Die primêre data vir die navorsing is verkry deur 'n vraelysopname wat deur 226 hoërskoolleerlinge voltooi is. Die bevindinge van die studie toon dat die ouers 'n baie belangrike sosialiseringsagent in die verbruikersopleiding van kinders is. Jong adolessente besef dat hul ouers se opinies en leiding rondom die moontlike invloede van televisie-advertensies op hul aankoopbesluite nie onderskat kan word nie. Die studie onderstreep die behoefte daaraan om meer navorsing ter plaatse in die veld te doen. Benewens die ouers en die media, behoort navorsing ook oor die rol wat ander sosialiseringsagente soos die skool en verkoopspersoneel in die verbruikersopvoeding van kinders speel, onderneem te word.80371 bytesapplication/pdfenSouth African Association of Family Ecology and Consumer SciencesYoung consumersChildrenFamily purchasesParents' consumer decisionParents' spendingConsumer socialisation of childrenYoung consumers -- South AfricaTelevision advertising and children -- South AfricaParents and television advertisements as consumer socialisation agents for adolescents : an exploratory studyArticle