Swart, Willem Jacobus Christiaan2025-07-082025-07-082022-02Swart, W.J.C. 2022, 'Voluntary business rescue proceedings : to initiate, to begin, or to commence liquidation proceedings - is there a difference?’, Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law , vol. 85, no. 1, pp. 136-150.1682-4490http://hdl.handle.net/2263/103234Ondernemingsreddingsverrigtinge kan begin word deur 'n hofbevel of 'n besluit van die direksie. Artikel 129(2)(a) van die Wet op Maatskappye verbied egter 'n direksie om 'n maatskappy onder ondernemingsredding te plaas indien daar reeds stappe geneem is om die maatskappy in likwidasie te plaas. Omdat artikel 129(2)(a) verwys na likwidasie-verrigtinge wat teen die maatskappy "initiated" is, ontstaan die vraag of die term "initiated" dieselfde betekenis het as "commenced". Beide die howe in Mouton v Park 2000 Development 11 (Pty) Ltd 2019 6 SA 105 (WCC) en Tjeka Training Matters (Pty) Ltd v KPPM Construction (Pty) Ltd 2019 6 SA 185 (GJ) het die betekenis van "initiated" en "commenced" oorweeg. Volgens hierdie twee uitsprake verwys "initiated" na stappe wat geneem word voordat 'n formele regsproses begin. "Commenced" verwys dan na die formele aanvang van 'n regsproses. In hierdie aantekening word die betekenis van hierdie begrippe aan die hand van regspraak ondersoek. Die praktiese probleme veroorsaak deur die howe se verskillende benaderings tot die interpretasie van hierdie begrippe word ook uitgelig.enLexisNexisOndernemingsreddingsverrigtingeBusiness rescue proceedingsLikwidasieverrigtingeLiquidation proceedingsVoluntary business rescue proceedings : to initiate, to begin, or to commence liquidation proceedings - is there a difference?Vrywillige ondernemingsreddingsverrigtinge : die inisieer, begin, of aanvang van likwidasieverrigtinge - is daar 'n verskil?Article