Coertze, Roelof Dewald2014-11-282014-11-281990-11-021990Hoff, J A 1990, Die Tradisionele wereldbeskouing van die Khoekhoen, DPhil thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/42710>D14/4/520/gmhttp://hdl.handle.net/2263/42710Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1990.Die Khoekhoe-wereldbeskouing is aan die hand van literatuurnavorsing, waarneming en ondervraging van informante ondersoek. Informante uit die twee Khoekhoe-hoofgroepe naamlik die Kaapse Khoekhoen en die Nama, is betrek. Vanwee die effek van verwestersing ken slegs gegewens ocr die wereldbeskoulike in die religie, die sosiale organisasie en die gesondheidsbevordering bekom word. Daar is gevind dat die beginsel van lewenskrag die basis van die Khoekhoe-wereldbeskouing vorm. Hiervolgens sou die entiteite in die heelal, insluitende bonatuurlike wesens, die mens en die natuur, met krag belaai wees, en sou elke entiteit ocr 'n bepaalde hoeveelheid krag beskik volgens sy plek in 'n kraghie~ argie. 'n Vermeerdering in krag by 'n bepaalde entiteit sou die balans tussen kragte in die heelal en dus die verhouding tussen entiteite versteur. Die siening is gehuldig dat die mens die grootste hoeveelheid lewenskrag in die oggend en net na 'n oorgangstadium besit, en daagliks asook van een oorgangstadium tot die volgende kragverlies sou ondervind. In ooreenstemming met die gedagte dat entiteite in die heelal slegs verskillende manifestasies van lewenskrag sou wees, is die geheel as belangriker as die besondere beskou en is weinig onderskeid tussen natuurlik en bonatuurlik of menslik en niemenslik gemaak. Die mens sou 'n natuurlike band met sy of haar geboorteplek he. In teenstelling hiermee is die aardse omgewing buite die geboorteplek as vyandig ervaar. Groot nadruk is geplaas op die verkryging van harmonie met die omringende omgewing deur middel van handelinge van assosiering. Die Khoekhoen het duidelik tussen geed en kwaad onderskei. Die goeie het gesondheid, lewe en vooruitgang ingesluit. Hierteenoor het die kwaad siekte, deed en agteruitgang omvat. Die goeie is toegeskryf aan Tsui//Goab, die goeie god, en die kwaad aan //Gaunab, die slegte god. Albei die wesens is as die fundamentele oorsaaklike faktore beskou.Afrikaans© 1990 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.Khoekhoe-hoofgroepeKhoekhoe-wereldbeskouing vormGeboorteplekOndervraging van informante ondersoekDie hand van literatuurnavorsingUCTDDie Tradisionele wereldbeskouing van die KhoekhoenThesis