Viljoen, Frans2009-05-182009-05-182008Viljoen, F 2008, 'Model legislation and regional integration : theory and practice of model legislation pertaining to HIV in the SADC', De Jure, vol. 2, no. 6, pp. 383-398. [www.lexisnexis.co.za]1466-3597http://hdl.handle.net/2263/10062’n Proses om modelwetgewing oor MIV aan te neem is onlangs in die kader van die Parlementêre Forum van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) geloods. Modelwetgewing word toenemend op die supra-nasionale vlak aangeneem om leemtes in nasionale regstelsels te vul. Modelwetgewing is nie bindend nie, maar dien as inspirasie en voorbeeld vir nasionale wetgewers. Nasionale wetgewers kan modelwetgewing onveranderd aanvaar of aanpas by plaaslike behoeftes en omstandighede. So ’n breë diskresie hou egter gevare in en kan die integriteit van die modelwetgewing aantas as nasionale wetgewing aangeneem word wat nie die gees en oogmerk van die modelwetgewing beliggaam nie. Modelwetgewing behoort daarom ’n bepaling te bevat wat die onbegrensde diskresie van nasionale wetgewers aan bande lê. Wanneer modelwetgewing ’n gemeenskaplike benadering in meerdere state bevorder, kan groter regsharmonie in die hand gewerk word. ’n Gebrek aan konsensus, wat ’n gemeenskaplike benadering kortwiek, het in die SAOG-proses na vore gekom ten aansien van, onder andere, die kriminalisering van MIVoordrag, die regulering van kommersiële sekswerk en die verspreiding van kondome aan gevangenes.enLexisNexisModel legislationHIV legislationSADCLegislationModel legislation and regional integration : theory and practice of model legislation pertaining to HIV in the SADCArticle