2022-05-172022-05-172021/11/161959*https://repository.up.ac.za/handle/2263/85397Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1959.Gesteentes van die Bosveldstollingskompleks in die gebied Dwarsrivierbrug is ondersoek en petrografies beskrywe. Marulengnoriet was die eerste gesteentemassa om in sedimente van die Serie Pretoria ingeplaas te word. Hierna het gesteentes van die piroksenietsone ingedring in kwartsiet wat as dak vir die vorige fase gedien het. Plaatnoriet en chromitiet is as differensiate verwant aan pirokseniet. Plate van harzburgiet is intrusief in gesteentec van die piroksenietsone. Hiperiet kom as 'n plaatvormige massa voor. Sentrale Noriet en Anortosiet kan nie altyd met sekerheid van mekaar afgebaken word nie, daar alle oorgangc tussen die twee gesteentetipes bestaan. Wigvormige tweelingbou in plagioklaas sowel as die verhouding van ortopirokseen en klinopirokseen en translasielamelle in bronsiet is ondersoek en die inlingting is vergelyk met bestaande gegewens. Koronofitiese teksture is in plaatnoriet teegekom. Transformasie van plagioklaas na hidrogrossulariet en uvarowiet word beskrywe. Die Merenskyrifgroep van gesteentes en hortonolietduniet is ertsmikroskopies ondersoek. Petrografiese en ertsmikroskopiese ondersoek van gesteentes sowel as 'n oorsig van die strukture by Dwarsrivierbrug dui daarop dat pirokseniet en meegaande chromitiet ingedring en opgelig is deur intruderende Sentrale Anortosiet. Die oorsprong van plaatnoriet is ietwat problematies 9 maar die gesteente het waarskynlik ontstaan as 'n leukokrate differensiaat van pirokseniet.af© 2020 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.UCTDBosveldstollingskompleksDwarsrivierbrugdistrik LydenburgTransvaalDie Bosveldstollingskompleks by Dwarsrivierbrug en suidoos daarvan, distrik Lydenburg, TransvaalDissertation