Van Eck, B.P.S. (Stefan)2017-01-132017-01-132006Van Eck, BPS 2006, 'Transfer of businesses as going concerns : the over-protection of employees under insolvent circumstances', De Jure, vol. 39, no. 2, pp. 405-421.1466-3597 (print)http://hdl.handle.net/2263/58497Die arbeidsreg beskerm werknemers wanneer besighede as lopende ondernemings oorgedra word. Die nuwe werkgewer moet alle werknemers se dienskontrakte oorneem en geen werknemer mag tydens die oordragsituasie ontslaan word nie. Die gewysigde Insolvensiewet bevorder die konsep van besigheidsredding (“business rescue”). Kurators en trustees van insolvente ondernemings word aangemoedig om besighede as lopende ondernemings te verkoop. Ingevolge arbeidsregbeginsels word kopers van insolvente besighede egter verplig om alle dienskontrakte oor te neem. Hierdie alles-of-niks beginsel hou egter die moontlikheid in dat kurators en trustees eerder die opskortingstydperk van dienskontrakte sal laat uitloop, met gevolg dat alle dienskontrakte deur regswerking ingevolge die Insolvensiewet beëindig sal word. Hierdie toedrag van sake kan negatiewe gevolge inhou. Die onlangse Arbeidsappèlhofsaak, SA Municipal Workers Union v Rand Airport Management Co (Pty) Ltd, bevestig dat beide verkopers en kopers van lopende ondernemings uiters versigtig moet wees om enige dienskontrakte voor of na sodanige oordrag weens operasionele redes te beëindig. Daar word in hierdie bydrae geargumenteer dat hierdie beskermingsmaatreëls uiteindelik tot werknemers se nadeel sal strek, aangesien werkgewers eerder werknemers weens finansiële redes sal afdank as om die moontlikheid te ondersoek om besighede in die geheel of gedeeltelik as lopende ondernemings te verkoop.enPretoria University Law PressOorbeskermingWerknemersInsolvente omstandighedeTransfer of businessesOver-protectionEmployeesInsolvent circumstancesOordrag van besighedeTransfer of businesses as going concerns : the over-protection of employees under insolvent circumstancesOordrag van besighede as lopende ondernemings : die oorbeskerming van werknemers onder insolvente omstandighedeArticle