Scott, Johan (T. Johan)2007-10-082007-10-082007Scott, J 2007, 'Middellike aanspreeklikheid van die staat weens manipulasie van 'n tenderproses : regspraak', Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 3, pp. 569-581. [http://www.jutalaw.co.za/catalogue/itemdisplay.jsp?item_id=3648]0257-7747http://hdl.handle.net/2263/3690Dit wil voorkom of die stroom gerapporteerde uitsprake oor die gebied van middellike aanspreeklikheid van ’n werkgewer vir die deliktuele skade veroorsaak deur sy werknemer in die loop van laasgenoemde se diensverhouding maar net nie wil afneem nie. Die problematiek verbonde aan hierdie tipe geval van middellike aanspreeklikheid kleef nie soseer aan die eerste twee aanspreeklikheidsvereistes, te wete dat daar ’n werkgewer-werknemer-verhouding moet wees en dat die werknemer ’n onregmatige daad moes gepleeg het nie; dit is by uitstek die derde vereiste, te wete dat die werknemer die eiser se nadeel in die loop van sy werksaamhede qua werknemer veroorsaak het (sien veral Neethling, Potgieter en Visser Deliktereg (2006) 360-365; Van der Walt en Midgley Principles of Delict (2005) 37-38), wat telkemale problematies in die toepassing daarvan blyk te wees en dus onder die loep geneem word (sien bv die resente uitsprake in Minister of Safety and Security v Luiters 2006 4 SA 160 (HHA); MEC for Public Works, Eastern Cape v Faltein 2006 5 SA 532 (HHA); Tsogo Sun Holdings (Pty) Ltd v Qing-He Shan 2006 6 SA 537 (HHA)).127591 bytesapplication/pdfAfrikaansJuta LawMiddellike aanspreeklikheidTorts -- South AfricaMiddellike aanspreeklikheid van die staat weens manipulasie van 'n tenderproses : regspraakArticle